RESEP | Heerlike boneslaai met feta

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 blik (400 g) - wit bone, gedreineer
  • 1 blik (400 g) - kekerertjies, gedreineer
  • 200 g - groenbone, in 3 cm-stukkies gesny
  • 100 g - fetakaas, in blokkies gesny
  • 1 - klein rooiui, dun gesny
  • 4 - rooiryp tamaties, in wiggies gesny
  • - Vir die slaaisous
  • 4 eetlepels - olyfolie
  • 1 eetlepel - rooiwynasyn
  • 1 eetlepel - vars suurlemoensap
  • 1 teelepel - gerasperde suurlemoenskil
  • 1 eetlepel - gekapte vars pietersielie (of gebruik ’n stewige knypie droë pietersielie)
  • 1 teelepel - heuning
  • 1 teelepel - heelkorrelmosterd
  • - sout en swartpeper na smaak

1 Skud die slaaisousbestanddele saam in 'n glasfles, proe en maak seker die balans is reg vir jou. Jy kan dalk dink 'n ekstra lepeltjie mosterd is nodig, óf dalk nog 'n skeut asyn vir byt.

2 Meng die geblikte bone en kekerertjies met die sous en laat dit staan terwyl jy die groenbone vir 'n paar minute in soutwater kook tot al dente. Dreineer en meng die warm bone by die ander bone.

3 Voeg die res van die slaaibestanddele by en sit teen kamertemperatuur voor.

Ry & Sleep sê

As die tyd dit toelaat, meng die wit bone en kekerertjies deur die slaaisous en marineer dit oornag.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley

SPELETJIES VANDAG

CTA