- 30ml - olyfolie
- 1 - ui, fyngekap
- 2 - knoffelhuisies, fyngekap
- 600g - sak gekapte spinasie
- - sout en varsgemaalde swartpeper
- 2 - wiele feta, gekrummel
- 2 - 400 g-rolle blaardeeg, ontdooi
- 1 - groot forelfilet
- 1 - eier, geklits
- 250g - houer basiliekruidpesto
- 60ml - koue water
1. Verhit olyfolie in middelslagpot.
2. Voeg uie en knoffel by en roerbraai tot uie begin verbruin.
3. Voeg spinasie by en roerbraai tot spinasie sag word.
4. Skep spinasiemengsel uit pot en geur goed met sout en peper. Laat afkoel tot koud.
5. Voeg feta by en meng deur.
6. Verhit oond tot 180 °C.
7. Voer bakplaat met bakpapier uit en plaas een vel blaardeeg op uitgevoerde bakplaat.
8. Skep die helfte van die spinasiemengsel in die vorm van die visfilet op die deeg.
9. Plaas vis met velkant na onder bo-op spinasie. Geur goed met sout en peper.
10. Skep die res van die spinasiemengsel bo-op die vis en maak seker die hele filet is bedek.
11. Verf 'n bietjie geklitste eier op die deeg rondom die vis.
12. Plaas tweede vel deeg bo-oor vis en spinasie.
13. Maak seker dit is heeltemal bedek en sny die oortollige deeg wat oorhang netjies weg.
14. Verf bokant van deeg ook met eier.
15. Plaas in warm oond en bak vir 25 minute of tot goudbruin en gaar.
16. Lig vis van bakpapier af tot op opdienbord.
17. Meng pesto en water saam en sit voor met vis.

















