RESEP | Kaas-en-spinasiepasta

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
  • 300 g - spaghetti
  • 125 ml - roomkaas
  • 200 g - babaspinasie, gewas
  • - knippie rooipeper
  • 5 ml - suurlemoenskil, gerasper
  • 3 - wiele romerige fetakaas, gekrummel
  • 125 ml - gerasperde harde kaas*
  • - vars basilie om voor te sit

*kaas soos parmesaan, pecorino of gruyère

1. Bring 'n pot soutwater tot kookpunt en kook die pasta tot al dente. Terwyl die pasta kook, smelt die roomkaas met 'n skeut kookwater (sommer uit die pastapot) in 'n pan en roer die spinasie by. Braai tot die spinasieblare begin verwelk.

2. Geur die spinasie met rooipeper en suurlemoenskil en roer die res van die kaas by. Verwyder van die hitte en skep die gaar pasta in die sous. Geur liggies met sout (die kase gaan bepaal hoeveel jy nodig het). Meng goed deur en sit dadelik voor met die basilie en varsgerasperde swartpeper.

SPELETJIES VANDAG

CTA