Kos + wyn

RESEP | Hoenderpastaslaai

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 400 g - penne
  • 1 eetlepel - olyfolie
  • 4 - hoenderborsfilette, in repies gesny
  • 1 - middelslag-eiervrug, in skyfies gesny
  • 200 g - murgpampoentjies, dun gesny
  • - sout en peper
  • 2 sirkels - romerige feta
  • 100 g - groenolywe, ontpit en gekap
  • ’n hand vol - vars roket, bronkors en basiliekruidblare, gemeng
  • ¼ koppie - gerasperde parmesaan
  • - Vir die slaaisous
  • 4 - ansjovisfilette, gedreineer
  • 1 - knoffelhuisie, gekneus
  • ½ koppie - olyfolie
  • 2 eetlepels - vars suurlemoensap
  • - varsgemaalde swartpeper na smaak

1 Kook die pasta in 'n groot kastrol soutwater tot al dente.

2 Maak intussen die slaaisous deur al die bestanddele daarvoor in 'n voedselverwerker te meng tot glad. Proe en voeg nog 'n knippie peper by indien nodig.

3 Verhit die olie in 'n dikboom-braaipan en braai die hoender, eiervrug en murgpampoentjies tot goudbruin. Geur met sout en peper.

4 Dreineer die pasta en voeg dit by die hoendermengsel. Meng die helfte van die slaaisous by en laat dit afkoel. Sodra die slaai afgekoel het, kan jy die feta en olywe bysit. Skep die slaai in ses ewe groot glasflessies. Meng die vars blare en parmesaankaas, skep dit bo-op die pasta en seël die flessies.Neem die oorblywende slaaisous in 'n botteltjie saam.

5 By die piekniekplek kan elkeen sy eie blare en slaai deurmeng en nog slaaisous byvoeg indien nodig.

Wenk

Die onderskeie lae in die glasfles lyk mooi en dit sorg dat die blare ongekneus bly. Jy kan die hele toetie in 'n lugdigte plastiekbak vervoer as jy nie flessies het nie.

Johané Neilson | Foto: Shelley Christians

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM