- ’n teelepel - kitsgis
- 2 teelepels - heuning
- 1 koppie - louwarm water
- 1¼ koppie - bruismeel
- 12 - oepsies (kersies toegedraai in spek)
- 1 eetlepel - olyfolie
- 2 eetlepels - botter
- - heuning of stroop om voor te sit
Só maak jy
1 Roer die gis en heuning by die water in 'n groot mengbak en laat dit vir 'n paar minute staan tot dit skuimerig word.
2 Klits die gismengsel driftig saam met die meel en 'n knippie sout tot dit 'n gladde beslag vorm. Gooi 'n vadoek oor die bak en laat dit vir 30 minute staan om effens te rys en borrels te vorm.
3 Roer die beslag deur om van enige groot borrels ontslae te raak.
4 Braai intussen die oepsies in 'n bietjie olie in 'n dikboompan tot dit bros en taai is. Skep uit en hou dit warm.
5 Gooi 'n klontjie botter in dieselfde pan en skep eetlepels vol van die beslag daarin. Sodra daar borreltjies op die oppervlak van die plaatkoekies verskyn, draai hulle een vir een om en braai dit verder tot oraloor bruin en deurgaar. Gebruik nog botter en braai nog plaatkoekies tot al die beslag opgebruik is. Sit dit warm voor met die oepsies en ekstra heuning of stroop.
Ry & Sleep sê
Regte "crumpets" word tradisioneel in 'n ringvormpie gebak om dit 'n perfekte vorm en dikker middelmaat te gee. Ek hou my kampvuurweergawe eerder klein en plat om die braaityd te verkort.





