- 1 boks (300 g) - blondiebeslag (ons het Nomu minimakes se Blondie Batter Mix gebruik)
- ¼ koppie - gesmelte botter
- 1 - eier, geklits
- 4 - middelslag-lemoene, middeldeur gesny en uitgehol
- 100 g - donkersjokolade, gekap (opsioneel)
- 50 g - gemengde neute, gekap (opsioneel)
1 Maak die beslag aan volgens die aanwysings op die pakkie deur die blondiemengsel, gesmelte botter en eier saam te klits.
2 Pak die lemoenbakkies in ’n platboompotjie en skep die blondiemengsel daarin. Sprinkel eers sjokolade en dan van die neute oor die beslag. (Jy kan die potjie vooraf oor die kole verhit as jy haastig is.)
3 Sit die warm potjie se deksel versigtig op, sit dit op ’n driepootstander oor matige kole en pak laastens 'n paar kole op die deksel. Bak die blondies dan vir 40 minute. (Die potjie-oond is stadiger as ’n gewone oond.)
Ry & Sleep sê
Die blondies smaak vorentoe saam met vars lemoensap, met of sonder ’n knertsie rum daarby.














