Kos + wyn

Eenpot-kerriehoender: Min moeite, tonne smaak!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 3 - groot hoenderborsies met die vel en been (minstens 600 g)
  • 2 eetlepels - olie vir vlakbraai
  • 1 - ui, grofgekap
  • 1½ koppie - warm water
  • 400 g - potgroente – ons het gesnyde pampoen, blomkool, murgpampoentjie en patat gebruik
  • 1 koppie - jasmynrys
  • 1 sakkie (200 ml) - botterhoender-Coat & Cook-sous (Ina Paarman s’n is tops)

1 Verhit 'n swartpot oor die kole en verbruin die hoender in die olie. Geur dit behoorlik met sout en peper.

2 Voeg die ui by en braai dit vir nog 'n paar minute saam. Gooi genoeg water by om die hoender net-net te bedek, verlaag die hitte en prut dit vir sowat 1 uur tot die hoender sag is.

3 Voeg die groente by die hoender en prut dit vir nog 15 minute. Roer die rys by, vul die vloeistof aan met kookwater indien dit nie genoeg lyk nie, en prut die potjie rustig verder tot die groente en rys sag is - gewoonlik nog 20-30 minute.

4 Roer die pot - die hoender behoort sag genoeg te wees om sommer vanself te pluis. Voeg nou die botterhoendersous by die pot, meng alles deur en lê weg.

Ry & Sleep sê

Die pot kan maklik ver­dubbel word én jy kan speel met die groentekombinasie. Gekerfde groen­boontjies en broccoli is ook lekker.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM