- 2½ koppies - koekmeel
- ¾ koppie - ligtebruinsuiker
- 3 teelepels - bakpoeier
- ½ teelepel - kaneel
- ½ teelepel - koeksoda
- ’n knippie - sout
- ½ koppie - groenteolie
- 1 koppie - gaar pampoenpuree
- 5 eetlepels - karringmelk
- 2 - ekstragroot eiers
Oondtemperatuur 200°C
1 Voorverhit die oond. Sif die meel, suiker, bakpoeier, kaneel, koeksoda en sout saam. Meng in 'n tweede bak die olie, pampoen, karringmelk en eiers saam. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en vou in tot net gemeng.
2 Verdeel die beslag gelyk tussen die holtes van 'n gesmeerde muffin-pan (kolwyntjierokkies is opsioneel) en bak vir 15-20 minute of tot gaar en uitgerys. Laat dit vir 'n paar minute in die pan afkoel en keer dan uit op 'n draadrakkie. Dié muffins is veral lekker met roomkaas en heuning, of botter en kaas.






