Polenta-tert: Troosgereg met pastasous en kaas

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 koppie - fyn polenta of mieliemeel
  • 1 liter - kookwater (of helfte water, helfte melk)
  • ’n groot klont - botter
  • 1 koppie - klaargekoopte pastasous met basilie
  • 1 blik (400 g) - barlottibone, gedreineer
  • 200 g - sampioene, gesny en gaar gebraai
  • ’n hand vol - gesnipperde vars spinasie (opsioneel)
  • 200 g - mozzarella, in skyfies gesny of gerasper
  • 3 eetlepels - fyngerasperde parmesaankaas

1 Klits die polenta vinnig in 'n platboompotjie met kookwater -gebruik 'n ballonklitser hiervoor. Roer die pap met 'n houtlepel sodra dit begin verdik en prut dit dan vir 15 minute. Geur die pap met botter en sout na smaak.

2 Skep die helfte van die pap uit die pot en smeer die res in 'n eweredige laag. Skep die helfte van die pasta­sous bo-op, gevolg deur die helfte van die bone, sampioene, spinasie en mozzarella.

3 Smeer die uitgeskepte pap bo-oor die vulsel en skep dan die res van die pastasous, bone, sampioene en spinasie bo-op. Rangskik die res van die mozzarella bo-op en sprinkel die parmesaan oor.

4 Bak die paptert met die deksel op oor die kole vir sowat 20 minute of tot dit deurwarm is met die kaas gesmelt. Onthou 'n paar kooltjies op die deksel ook. Sit dit warm of teen kamer­temperatuur voor.

Ry & Sleep sê

Probeer arrabiata-pastasous as jy hou van 'n byt.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley

SPELETJIES VANDAG

CTA