Kos + wyn

RESEP | Staatmaker-carbonara

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Shelley Christians
Foto: Shelley Christians
  • 100 g - pancetta-repies, in blokkies gesny (ek gebruik Checkers se Forage and Feast-reeks s’n)
  • 2 - eiergele
  • 125 ml - gerasperde pecorino of parmesaan
  • 200 g - gedroogde eiertagliatelle of -spaghetti
  • - varsgemaalde swartpeper

Só maak jy

1 Kook die pasta in water - gegeur met sout - tot al dente. (Volg die aanwysings op die pakkie.)

2 Braai intussen die pancetta-blokkies stadig in 'n groot pan tot bros. Braai die vleis in sy eie vet; reguleer die hitte en pasop vir te warm.

3 Klits die eiergele saam met die helfte van die kaas en 'n ¼ koppie warm pastawater (sommer so uit die pot geskep) in 'n bakkie en hou eenkant.

4 Skep die gaar pasta nat-nat uit die water direk oor in die pan en meng alles goed deur. Verwyder die pan van die hitte en roer die eiergeelmengsel vinnig deur die pasta. Die hitte van die pan en warm pasta sal genoeg wees om die eiergeel gaar te maak en 'n ryk sous te vorm. Sit dadelik voor met ekstra swartpeper en die res van die kaas.

Johané Neilson | Foto: Shelley Christians

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM