- 1 koppie - sagte botter
- 1 koppie - strooisuiker
- 1 - suurlemoen se gerasperde skil
- 3 - ekstra-groot eiers
- 1¾ koppies - bruismeel, gesif
- ½ koppie - klapper
- ¼ koppie - gemaalde amandels
- 1 koppie - karringmelk
- 2 eetlepels - vars suurlemoensap
- - Vir die stroop
- 1 - suurlemoen se sap en gerasperde skil
- ½ koppie - kookwater
- ¼ koppie - heuning
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit die pannetjie met kleefwerende kossproei. (Jy kan dit ook met bakpoeier uitvoer as jy wil.) Verroom die botter, suiker en suurlemoenskil met 'n elektriese klitser tot lig in kleur. Voeg die eiers een-een by terwyl jy ná elke eier die mengsel goed deurklits.
2 Voeg die res van die bestanddele by die beslag (bruismeel, klapper, amandels, karringmelk, suurlemoensap) en klits tot net gemeng. Skep dit in die pannetjie en smeer die bokant gelyk. Bak vir 45 minute of totdat 'n toetspen skoon uitkom.
3 Kook die stroopbestanddele (suurlemoensap en gerasperde skil, kookwater, heuning) vir vyf minute saam. Sodra die koek uit die oond kom, prik oraloor met 'n sosatiestokkie en giet die stroop oor. Dis heerlik louwarm en stroperig.







