- 600 g - varkfilet
- 2 eetlepels - olyfolie
- 400 g - gekapte sampioene
- ½ teelepel - fyngekapte knoffel
- ’n strooisel - droë tiemie
- 1½ koppie - flou hoenderaftreksel
- 200 g - skroefiepasta
- ½ houertjie (125 g) - crème fraîche
1 Meng die varkfilet met 1 eetlepel olyfolie en geur dit behoorlik met sout en varsgemaalde swartpeper.
2 Verhit 'n pan tot goed warm en braai die vleis daarin tot oraloor goudbruin en ligpienk binne. Laat die vleis op 'n snyplank rus.
3 Braai die sampioene in die res van die olie tot mooi gaar. Roer die knoffel by en laat dit vir nog 'n minuut braai. Voeg nou die tiemie en aftreksel by en verhit dit tot kookpunt.
4 Kook die pasta vinnig in die aftreksel tot gaar. Dit is belangrik dat die pasta bedek is en goed kook, anders raak dit taai. Roer en hou dit maar dop- 8 minute is darem nie lank vir pan oppas nie.
5 Roer die crème fraîche by die pasta en haal dit van die hitte af. Sny die perfek gebraaide filet in dun skyfies en meng dit deur die pasta of skep dit bo-op. Sprinkel uievlokkies en 'n bietjie vars pietersielie oor as jy dit byderhand het, en lê dadelik weg.
Ry & Sleep sê
Braai die varkfilet tot dit so gaar is soos jy daarvan hou. Ons het onlangs eers geleer jy kan varkfilet van 'n goeie gehalte pienk geniet - dit is dan heerlik sappig.







