Tortilla-truuk: Kies kortpad vir dié vinnige braai-pasteitjies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 600 g - varkworsies met kaas
  • 2 - groot tortillas
  • 1 eetlepel - fyngekapte rooiui
  • - ’n doopsousie om voor te sit

1 Knip die varkworsies oop en verdeel die vleis tussen die tortillas – versprei dit met 'n vurk en druk dit vas in 'n eweredige lagie met 'n oop rand reg rondom. As jy gewone varkworsies sonder kaas gebruik, oorweeg om 'n strooisel gerasperde cheddar by te meng voor jy die vleis oopsprei. Sprinkel die ui oor die vulsel.

2 Rol nou die tortillas styf op en sny elke rol met 'n skerp mes in 5-6 wiele. Ryg twee-twee (of meer) op sosatiestokkies om dit toe te hou, maar onthou, nie te styf nie. Jy wil hê die hitte moet reg rondom bykom.

3 Braai die pasteitjies tot mooi goudbruin buiteom en gaar binne. Sit dit warm of teen kamertemperatuur voor met jou gunsteling-doopsous.

Ry & Sleep sê

Die kaas wat uitbraai, is morsig, maar wanneer dit goudbruin karamelliseer, is hierdie die lekkerste deel.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley

CTA