Ontbyt in een hap: Eier-in-die-middelmuffins

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1½ koppie - bruismeel
  • ½ teelepel - koeksoda
  • 200 g - spekstukkies, bros gebraai
  • 2 - sprietuie, gekap
  • 1 koppie - gerasperde kaas (cheddar is lekker!)
  • ⅔ koppie - volroommelk
  • ½ teelepel - asyn
  • ⅔ koppie - dubbeldik jogurt
  • 3 eetlepels - olie
  • 1 - eier
  • - Vir die vulsel
  • 5 - klein eiers

1 Meng die meel, koeksoda, spek, sprietuie en kaas saam en klits dan diemelk, asyn, jogurt, olie en eier in 'n aparte bak. Roer die natbestanddele nou by die droë mengsel in en meng dit flink in 8 hale tot diebeslag net bymekaarkom - as jy te woes roer, gaan die muffins se tekstuur nielig wees nie.

2 Verhit die oond tot 180°C. Spuit 5 holtes van 'n muffinpan vir groot muffins metkleefwerende kossproei.

3 Skep beslag in die voorbereide holtes tot dit ongeveer 'n derdevol is. Druk met die agterkant van 'n lepel 'n effense holte inelkeen en breek versigtig 'n eier daarin.

4 Stip die res van die beslag versigtig bo-op die eiers - sonder om diegele te breek - tot die eier bedek is.

5 Bak die muffins vir 25 minute of tot goudbruin en uitgerys. Haal dituit die oond, laat dit effens afkoel en keer dit dan uit op'n draadrakkie.

Ry & Sleep sê

Jy kan die beslag ook in 'n gewone muffinpan bak, sonder die eiersin die middel, en dan eerder gekookte eiers apart inpak. Verkortdie gaarmaaktyd na gelang van die grootte van die muffins.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley

SPELETJIES VANDAG

CTA