Kos + wyn

Rysslaai met kasjoeneute en mango

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • - BROS RYS
  • 500ml - gaar, koue langkorrelrys (jasmyn of basmati)
  • 30ml - geroosterde-sesamsaad-olie
  • 30ml - teriyakisous (of soet sojasous)
  • 15ml - Asian Spicy Chili Crisp (te kry by Woolies of jou naaste Oosterse supermark)
  • - SLAAISOUS
  • 30ml - neutbotter (jou gunsteling)
  • 15ml - geroosterde-sesamsaad-olie
  • 15ml - sojasous
  • 5ml - heuning
  • 30ml - appelasyn
  • - SLAAI
  • 2 - wortels, gesnipper (sien stap 3)
  • 250ml - koolsnippers
  • - 1 klein komkommer, gekap
  • 250ml - edamame, geblansjeer
  • - 1 ryp mango, in blokkies gesny
  • - 1 groot ryp avo, in blokkies gesny
  • 100g - geroosterde sout kasjoeneute
  • - 2 sprietuie, gekap

1. Voorverhit die oond. Meng die koue rys met die geroosterde-sesamsaad-olie, teriyakisous en Spicy Chili crisp (by Woolies of jou naaste Oosterse supermark te kry). Versprei dit eweredig in 'n dun lagie op 'n bakplaat en bak vir 25-30 minute of tot bros.

2. Roer die rys so elke vyf minute tot dit egalig bruin en bros is. Laat afkoel.

3. Vir die allerlekkerste fyn wortelstokkies: Sny 'n geskilde wortel met 'n skillertjie in repe. Stapel die repe op 'n kapplank en sny dan met 'n skerp mes teen 'n hoek van 45 grade fyn.

4. Klits al die slaaisousbestanddele saam (neutbotter, sesamsaad-olie, sojasous, heuning, appelasyn). Meng voor opdiening al die slaaibestanddele (wortels, koolsnippers, komkommer, edamame, mango, avo, kasjoeneute, sprietuie), die afgekoelde bros rys en slaaisous saam en skep op 'n mooi bord.

Sit die slaai voor met ekstra Chilli Crisp vir diegene wat hou van rissies.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM