Kos + wyn

RESEP | Sampioenfrittata

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig

• 150 g gemengde sampioene, grofgekap

• 2 preie, grofgekap

• ¼ koppie botter

• 5 vars tiemiestokkies of 1 teelepel droë tiemieblare

• 170 g vars aspersies, grofgekap

• 1 teelepel sout

• 6 eiers

Só maak jy

1 Braai die sampioene en preie in die botter en tiemie tot sag. Voeg die aspersies by en roerbraai dit vir 2 minute.

2 Klits die sout en eiers saam en skink dit oor die groente. Kook oor 'n lae hitte vir 20 minute tot die frittata net-net in die middel gestol het. Bedien warm as ligte ete of koud by 'n piekniek.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM