- 1 rol - blaardeeg
- 200 g - gerookte snoek, gepluis
- 120 g - spinasie, krulkool en broccoliblomme, geblansjeer
- 3 - gekookte eiers, afgedop en gehalveer
- 3 - rou eiers, geklits
- 250 ml - room
1 Voorverhit die oond terwyl jy 'n tertbak met die blaardeeg uitvoer. Prik die deeg, plaas 'n vel bakpapier of foelie daarop en strooi 'n laag droë bone oor. Bak blind vir sowat 15 minute (dit verseker dat die deegdop gaar is voor dit gevul word).
2 Keer die boontjies uit die deegdop en vul dit dan met die snoek, groente en gekookte eiers. Klits die rou eiers en room saam en geur na smaak met sout en peper. Giet die vla oor die vulsel en bak vir sowat 35-40 minute of tot gaar. Sit voor met vars slaai.
Wenk As jy nie snoek het nie, probeer tuna of makriel - net wat jou hart begeer!

















