- 750ml - koekmeel
- 125ml - bruismeel
- 5ml - sout
- 50ml - sonneblomolie
- 250ml - koue water
- 100ml - botter
- 100ml - koekmeel
- - olie vir vlakbraai
1. Meng die koekmeel, bruismeel en sout saam. Vryf die olie in tot dit soos growwe broodkrummels lyk.

2. Voeg die water by en knie saam om 'n gladde deeg te vorm.

3. Bedek met die mengbak en laat rus die deeg vir 30 minute.

4. Deel die deeg in 8 eweredige stukke.

5. Rol elke stuk deeg in 'n 20 cm-sirkel uit op 'n meelbestrooide oppervlak. Stip elke deegsirkel met 15 ml botter en strooi 'n lagie meel oor.

6. Rol die deeg met die botterlaag op en rek effens langer. Rol die punte van die deegrol op, een kant regsom en die ander kant linksom.

7. Druk die spirale effens platter en vou dubbel sodat die twee spirale bo-op mekaar is.

8. Pers saam, bedek en laat toe om weer te rus vir 1 uur.

9. Rol die ronde stukke deeg dun uit, sowat 25 cm in deursnee, en vlakbraai in 'n bietjie olie tot goudbruin en gaar. Herhaal met al 8 roti's en sit warm voor saam met kerrie.

Roti moenie droog wees nie, dit moet ‘buttery' en ‘fluffy' wees! - Najma Abrahams (Tietie) uit Tietie & Nanna se huiskos (Human en Rousseau)














