Kos + wyn

RESEP | Volstruisburgers

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Bestanddele

  • 2 dik snye brood, korsies verwyder
  • ½ koppie melk
  • 500 g volstruismaalvleis
  • 1 groot ui, gerasper
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel
  • witpeper
  • olie vir braai

Só maak jy:

1 Maak die patties. Week die brood in die melk tot sag. Druk die melk uit en krummel die brood by die res van die bestanddele buiten die olie (moenie die melk byvoeg nie). Vorm ses hamburgerfrikkadelle, druk dit effens plat met jou hand en sit dit vir 'n uur of twee in die kampyskas.

2 Braai en sit voor. Verhit die olie in 'n pan en braai die patties tot mooi bruin en gaar. Sit dit voor in broodrolletjies saam met 'n sny tamatie, ui, blaarslaai en 'n lekker sous.

CTA