Warmsjokolade met moutbier

Foto's Ed O'Riley

O, so bittersoet!

Die bierliefhebbers Karl Tessendorf en Greg Gilowey het my in hulle puik resepteboek, Beer Country's Beer Food Fire, die idee gegee om moutbier en warmsjokolade te kombineer. My weergawe is baie eenvoudig, maar jy kan heerlik speel met versoeters na smaak én geurmiddels soos vanielje en selfs rissie.

Jy benodig

(maak 4 klein bekers)

150 g donkersjokolade, gerasper

1 koppie room

1 koppie volroommelk

'n knippie kaneel

1 koppie moutbier

malvalekkers

So maak jy

1 Smelt die sjokolade versigtig saam met die room tot glad. Skink die melk en kaneel by en verhit alles saam tot warm. Proe en versoet dit na smaak.

2 Roer laastens die bier by en verhit die mengsel tot net-net warm. Skink die warmsjokolade in bekers en voeg soveel malvalekkers by soos jy wil. Dit is heerlik as hulle eers so effens gebraai word, maar dit is opsioneel. Drink dit warm.

Ry & Sleep sê

Lees die proenotas op die etiket van die moutbier en kies een met sweempies sjokolade, donker vrugte en karamel - soos Hew Joe Brewing Co se Belgiese stout. Dit is 'n wenner!

SPELETJIES VANDAG

CTA