Kos + wyn

Word ’n kenner van Cap Classique!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

As jy van Cap Classique hou of meer daarvan wil leer, is daar die laaste paar jaar 'n kursus wat jy kan volg om 'n kundige te word.

Die Cap Classique Akademie, wat deur die Cap Classique-produsentevereniging in samewerking met die Kaapse Wynakademie gestig is, bied vir liefhebbers van hierdie wynstyl 'n geleentheid om die fynere besonderhede daarvan te leer, asook hoe om soos 'n kundige te proe.

Die Cap Classique Akademie se doel is om op te rig, op te lei en die liefde vir Suid-Afrikaanse bottelgegiste vonkelwyn te deel. Dit gaan plaasvind op drie vlakke van leer en sal deur die Kaapse Wynakademie gefasiliteer word.

Leer om Cap Classique soos ’n meester te proe danksy die Cap Classique Akademie.Foto: ISTOCK
Leer om Cap Classique soos ’n meester te proe danksy die Cap Classique Akademie.Foto: ISTOCK

Daar is drie vlakke vir die kursus:

  • Vlak 1: Die eerste ster in die Cap Classique-kursus is 'n interaktiewe ontmoeting met die wynstyl in 'n drie uur lange sessie. Dit behels die basiese beginsels van hoe Cap Classique gemaak word, praktiese diensrituele, wenke oor hoe om die wyn te waardeer en 'n proereis deur die verskillende style en soorte.
  • Vlak 2: Die stygende ster in die Cap Classique-kursus is 'n dieper en meer gedetailleerde blik op die sake-aspek van Cap Classique en is gemik op ernstiger studente en veral professionele mense in die bedryf. Dit sal bestaan uit vier drie uur lange sessies waar daar na verskeie aspekte, soos die oorsprong, produksie, professionele diens, koskant en tendense van Cap Classique gekyk word. Daar sal ook proesessies wees om die verskillende style en klasse te verstaan.
  • Vlak 3: Die Cap Classique supernova-kursus is slegs per uitnodiging beskikbaar aan vlak 2 se topstudente. Dit sal 'n meer intense proe-gegronde program wees waar Cap Classique met vonkelwyne van oor die wêreld heen vergelyk sal word. Die doel van die kursus is om spesiale Cap Clas­sique-proeërs te skep.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM