Leef

KYK: Simoné Pretorius se derde pienkvoet is hier!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Simoné het verlede haar haar rolprentregisseursdebuut gemaak met die Afrikaanse komediedrama, Som van twee.

Sy is ook bekend vir haar rolle in onder andere Stroomop, Binnelanders en Hotel.

Dit is die paartjie se derde spruit en is 'n dogtertjie. Hulle ander kinders is Harper, wat onlangs vier geword het en James, wat amper twee jaar oud is.

Gelukwensings het van oraloor gekom op Instagram.

Melinda Bam het opgewonde gesê: "Ah!!! Prys die Here!!!! Julle het die rykdom van die lewe in julle gesin! Ons deel 'n verjaarsdag! Dankie Jesus vir nuwe lewe".

Karlien van Jaarsveld was ook saam bly: "Sim!! Jy's beautiful. So mooi!! Hello liefie".

En Bernice West se boodskap: "Ag julle!!! Baie baie geluk julle".

Baie geluk, Simoné en Andries en sterkte met al die wonderlike Chaos!

CTA