Motors

Ry-indruk: Renault se doring van ’n Duster

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Sedert dit meer as 'n dekade gelede in Suid-Afrika bekend gestel is, is die Renault Duster bewys as 'n praktiese voertuig wat amper oral kan gaan - fris genoeg vir plaaspaaie, ruim genoeg vir 'n babasitplek en 'n stootwaentjie, en bekostigbaar genoeg vir gewone mense.

In 2014, nadat ek 'n resensie van die oorspronklike 4x4-model in Weg gelees het, was ek so beïndruk dat ek een gekoop het! Ons tweede kind was pas gebore en dit was die perfekte voertuig vir ons groeiende gesin.

Die oorspronklike vorm het oor die jare heen 'n paar kosmetiese veranderinge gekry, maar hierdie nuwe Duster is die eerste behoorlike herontwerp. Daardie bolvormige (maar vriendelike) wielboë is weg en alles is meer reghoekig - dit lyk asof die nuwe model tyd by 'n Toyota-opleidingskamp deurgebring het!

Daar is ook grootskaalse veranderinge aan die binnekant, plus nuwe enjinopsies en afwerkingsvlakke.

(Jon Minster)

Ek het die 4x4-model toetsbestuur, dit het 'n 1.2l-petrolenjin (96kW / 230Nm), 'n hibriede energieherwinningsbatterystelsel wat blykbaar brandstofverbruik met 10% verminder, en 'n stelsel wat outo-maties die verspreiding van krag na die wiele aanpas na gelang van die grondoppervlak.

Dis wel effe eienaardig dat die 4x4-model slegs 'n sesganghandratkas het.Soos sy voorganger is die nuwe 4x4 Duster (R550000) 'n bekwame voertuig. Met effens meer grondvryhoogte as sy broer en suster wat nie 'n 4x4-modus het nie, en kleiner vellings met groter bande, is dit ontwerp om in die veld te ry; nie net gestileer om te lyk asof dit kan nie.

Maar om dit slegs as 'n handratkas te bied, is ouderwets. Eerste rat is so kort dat dit voel jy moet heeltyd tussen jou oprit die kruidenierswinkel net straataf ratte verwissel. Dit werk lekker vir die langpad as jy eers op spoed is, maar dit maak dinge moeilik om in die dorp rond te ry.

Die 4x2-Duster (R490000) is beskikbaar met 'n veel beter enjin - 'n kragtige (en bewese) 1.3l-turbo-aangejaagde petrolenjin (113kW/250Nm) gekoppel aan 'n outomatiese sewegangratkas. Dalk sal die base by Renault die waarde daarin sien om Suid-Afrikaners die keuse van hierdie enjin en 'n outomatiese ratkas in die 4x4-weergawe te gee?

Hulle sal beslis 'n wenner op hande hê.Tot dan sal ons die gewone voorwielaangedrewe model aanbeveel. Dit het al die elektroniese geriewe wat jy van 'n middelslag-sportnuts in 2025 verwag, ordentlike ruimte binne en gespierde stilering.

Dis pret om te bestuur - en dit is goedkoper as die 4x4. Dit kan ook die meeste grondpaaie hanteer, solank jy nie beplan om die Sanipas tot heel bo uit te kruie nie.

Jon Minster

CTA