Babanuus

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images
Archie's Archives
Archie's Archives

BOEKE VIR NOOD

Archie's Archives voorsien ouers wie se babas in die NISE (intensiewe sorg vir babas) opgeneem is, van 'n pak kinderboeke. Tiffini Hein, medestigter van Archie's Archives, verduidelik dat die inisiatief gebore is uit haar en haar man, Richard, se ervaring met hul babaseuntjie, Archie.

Hy het gely aan neonatale Marfansindroom, 'n seldsame toestand wat binne maande tot sy sterfte gelei het. "Ons was in die greep van hartseer toe Richard gesê het genoeg is genoeg - ons kon nie toelaat dat Archie se ervaring van die wêreld twee hartseer mense in 'n hospitaal is nie. Ons begin toe vir hom lees. Danksy boeke kon ons ons eie klein wêreld daar in die NISE betree en dit het enorme vertroosting verskaf.

Dit was 'n wonderlike bindingservaring en het ons aandag van al die stresfaktore om ons afgelei," vertel sy. "Navorsing wys dat die geluid van 'n ouer se stem baie gerusstellend vir 'n baba is en ook enorme kognitiewe voordele inhou," sê Verena Bolton, neonatale verpleegster en nasionale koördineerder van Netcare se Ncelisa-melkbank.

"Archie's Archives bemagtig gesinne om by te dra tot die sorg wat hul baba ontvang terwyl hulle in die hospitaal is." Die argiewe is slim ontwerp om die strengste higiëne te handhaaf. Dis nie 'n biblioteek waar boeke gedeel word nie. Dit bevat 'n voorraad voorafverpakte, verseëlde bondels geskenkte boeke wat ouers kan gebruik om vir hul kleingoed te lees en so met hulle te bind.

"By Archie se begrafnis het ons mense gevra om boeke te bring pleks van blomme. Dit is ons groot wens dat ons uit hierdie enorme verlies iets besonders kan skep vir die vele ander ouers in neonatale eenhede," sê Tiffini. Ses Netcare-hospitale het reeds Archie's Archives. Om vas te stel hoe jy kan bydra, kan jy gerus vir Tiffini 'n e-pos stuur by tiffini@archiesarchive.co.za.

Heliocare 360° Pediatrics Lotion with SPF 50
Heliocare 360° Pediatrics Lotion with SPF 50

Belê in sonbeskerming

Ons wonderlike Suid-Afrikaanse son is fel op die vel! Hou jou baba waar moontlik uit die son en wend sonroom aan wanneer dit nie anders kan nie. Kies gehalte soos Heliocare se 360° Pediatrics Lotion met SBF 50 (R669) en Heliocare se 360° Pediatrics Mineral met SBF 50+(R380). By Sorbet, salonne en https://heliocare.co.za.

Bartholomew Bear
Bartholomew Bear

Beste bere!

Jellycat se Bartholomew Bear is te kry in medium (R660) en ekstragroot (R2 990). Besigtig die hele reeks by https://www. plushiesonline.co.za.

Maxi-Cosi
Maxi-Cosi

Spaar jou skouers

Dis nou slim! Maxi-Cosi se nuwe 360 PRO-motorstoeltjies kan aan hul basis uitgetrek word, wat dit baie makliker maak om jou kind in en uit die motor te tel. Jou nek, rug en skouers sal jou dankbaar wees en die kans dat jy jou kind se kop met die uithaalslag kap, is ook baie kleiner. Jy sal nie meer ongemaklik skeef hoef te buk en te sukkel nie.

Roteer eenvoudig die stoeltjie na buite en trek dit dan aan die basis vorentoe. Seepglad! Die reeks bied natuurlik nog steeds al die ander voordele van Maxi-Cosi: uiterste gemak en veiligheid.

Vanaf R6 999 vir Pebble 360 PRO en R8 499 vir Pearl 360 PRO. Die FamilyFix 360 PRO-basis word apart teen R6 999 verkoop. Gaan na https://maxicosisa.co.za vir nog inligting.

Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

CTA