Maak so
1. Versamel 'n stapel toiletrolletjies. Hoe meer julle versamel, hoe langer kan die slang wees.

2. Sny die rolletjies elk in drie gelyke dele en verdeel in twee hopies.

3. Die een hoop se ringetjies moet oopgesny word sodat dit in die toe ringetjies gehaak kan word.

4. Gebruik die oopgesnyde rolletjies om die heel rolletjies met mekaar te verbind. Ryg deur en plak vas met gom. Die idee is om 'n lang ketting te maak.

5. Kyk hoe lank julle die ketting kan maak. Dis groot pret! Werk geduldig en karring maar versigtig om die gom kans te gee om droog te word en sodat die ketting sterk kan bly wanneer julle die slang laat seil.

6. Knip die laaste rolletjie in die vorm van 'n slang se kop. Gebruik klein stukkies gekleurde papier of kleurpotlode om vir jul slang oë, neusgate en 'n tong te maak. Ssss!

Nog idees
Maak jou eie partytjieversierings:
Verf die ringetjies verskillende kleure en hang lang stringe in jou partytjietent.
Plak twee toiletrolle aan mekaar vas om 'n verkyker te maak.



















