Teen drie maande, 180 grade. Veral nabye voorwerpe sal hom interesseer en hy sal sy kop- en oogbewegings integreer. As hy na iets links van hom kyk, sal sy koppie ook na links draai.
Teen 'n jaar kan hy self vinnig bewegende voorwerpe met sy oë volg, soos 'n bal wat verbyrol of die kat wat verbyloop.
In die peuterjare is spel baie belangrik, want deur te speel, verfyn jou kind daardie allerbelangrike visuele vaardighede wat haar in die grootskool gaan help leer. Dis veral die vermoë om detail te soek wat nou belangrik raak. Tuis kan jy seker maak sy het legkaarte van twee of drie stukke om mee te speel.
Moedig haar aan om speelgoed soos blokkies of krale in kleurgroepe te sorteer, selfs voor sy die name van die kleure leer. Jy kan ook begin om sirkels, driehoeke en vierkante uit te wys. Skaf boekies aan met temas soos diere, kos, of klere.
Die vermoë om te sorteer en goed wat bymekaar hoort bymekaar te kan sit, sal skoolwerk makliker maak. Sy moet 'n bladsy, vertrek of tuin stelselmatig van links na regs en bo na onder kan deurgaan op soek na detail. Een van die beste maniere om hierdie vaardigheid te leer, is deur op te ruim.
Leer jou kind van ongeveer 18 maande af om op 'n baie spesifieke manier op te ruim. Konsentreer byvoorbeeld eers daarop om al die blokkies op te tel en in die boks te sit. Dan vat julle weer al die teddies en sit hulle in die mandjie. Dan kom die kryte in die houer.
Moenie rondspring en 'n kryt wegpak, en dan 'n teddie en dan 'n skoen nie. Soek eers alles van een voor julle na die volgende soort ding aangaan. Moenie aan die begin wonderwerke verwag nie - prys elke poging, al het net een kryt in die houer beland.
As jy elke dag so saam met jou kind opruim sal jy wel oor die maande 'n verbetering sien. Speel ook skattejag in die tuin waar jy jou kleinding se teddie of trui wegsteek en vra haar om dit te soek. Vormsorteerders bly ook gewilde speelgoed tot in die peuterjare.
Leer jou peuter ook van patrone en kleure deur saam krale of gekleurde macaroni te ryg. Hou soms jou hand bo-oor 'n deel van 'n bekende en geliefde prentjie en kyk of sy steeds kan identifiseer wat dit is, of wys haar net 'n silhoeët van byvoorbeeld 'n hond of 'n perd en kyk of sy dit kan identifiseer.
Moet ons toets?
Laat toets jou baba se oë as hy teen 3 maande nie voorwerpe volg nie, of glad nie na helder prente kyk nie. As jou 1-jarige nie











