Hulle het begin met 'n vloerruimte in Hennopspark van 200m². Maar dit was nie lank nie of die vloerruimte moes tot 400m² verdubbel word, sê die eienaar, Werner Pretorius.
Nou is die aanvraag só groot dat Werner-hulle genoodsaak is om die onderneming te skuif. BorderX is nou in Highway Business Park, Parklaan 95, Rooihuiskraal, waar hulle met 1100m² onder die voete kan asemhaal.
Dit is ongeveer 2,5km van die vorige perseel af, teen die N1-snelweg.
Kontak 082 929 0824; info@borderx.co.za; borderx.co.za




















