Beleef die ware Sederberg by De Pakhuys, net buite Clanwilliam. Hier kry jy asemrowende rotsformasies, vars lug en die rustigheid van die plaaslewe.
Bly in stylvolle selfsorg-eenhede, Africamps-glanskampe of onder die sterre in ons kampeerterrein.
Ontdek staproetes, antieke rotstekeninge en die wêreldbekende Rocklands-klimgebied.

Ná ’n dag vol avontuur wag ’n vuurtjie, ’n glas wyn en stilte. De Pakhuys – rus, natuur en egte plaasgasvryheid.
Kontak 083 840 4867; depakhuys.com





















