Reis

Die bloukraanvoël se getalle daal in die Overberg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die bloukraanvoël
Die bloukraanvoël (Foto: Getty Images)

In die Overberg, waar die grootste konsentrasie van dié spesie in die land voorkom, is hulle getalle aan die daal.

Daar’s verskeie redes: Hoër temperature as gevolg van klimaatsverandering, sowel as versteurings soos kragdrade (Eskom help wel om die drade meer sigbaar te maak).

Die bloukraanvoël kom meestal op graanlande voor en boere se gifstowwe om ganse en knaagdiere uit te roei, kan hulle ook doodmaak.

Alles dra daartoe by dat elke broeipaar minder kuikens grootmaak; te min om die bevolking te laat groei.

Indien jy iewers 'n beseerde of dooie bloukraanvoël sien, rapporteer dit by support@bluecrane.org.za of 066 289 5988.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM