Dié sustershandelsmerke het in daardie maand saam 1009 nuwe rygoed verkoop in Suid-Afrika. Dit is die meeste tot nog toe sedert die vervaardigers hulle opwagting in April 2023 gemaak het.
In Junie 2025 is daar ook vir die eerste keer hibriede weergawes - die Omoda C9 en Jaecoo J7 - in Suid-Afrika bekend gestel met onderskeidelik 50 en 80 eenhede wat verkoop is.

Die Omoda C5 is egter die toppresteerder, met verkope van 478 in Junie vanjaar, gevolg deur die gewone petrolaangedrewe Jaecoo J7 met 230.










