Skattige leserfoto: Dié katte hou van kamp!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Isak Venter van Durbanville skryf Ek en my lewensmaat, Amanda, het twee Bengaalse katte, Napoleon en Joséphine. Hulle is albei net ouer as 'n jaar en is avontuurlustig en energiek.

Ons hou van die buitelewe en neem ons katte saam op ons uitstappies. Hulle het al saam met ons buite Ceres gaan kamp, sneeu gekyk, en in die water by Tietiesbaai gespeel.

Hulle het al selfs saam met ons gaan kajakroei!

Gesels met ons

Skryf aan redakteur@weg.co.za. Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp.

As jy 'n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2 MB. Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas.

SPELETJIES VANDAG

CTA