Reis

’n 1970’s-kampwa + die Drakensberg = Leser se wenresep vir saligheid!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Charmaine Blyth van Lidgetton skryf Ons het van 'n afgeleë plaas getrek na 'n gebied waar ons bure baie nader is. Hoewel die geselskap lekker is, moet ons gewoond raak aan blaffende honde en harde musiek.

My man, Mike, het 'n Land Rover-kampwa uit die 70's gekoop sodat ons elders rus en vrede kan gaan soek wanneer nodig.

Dis nie die vinnigste, mooiste of mees moderne voertuig nie, maar dis perfek vir ons en ons kan binne vyf minute kamp opslaan.

Ons hou van die Ezemvelo KZN Wildlife-kampterreine in die Drakensberg – hulle is op mooi plekke en die personeel is altyd vriendelik, maar die geriewe is 'n bietjie afgeleef.

Ons het tot dusver al by plekke soos Highmoor, Hermits Wood, Cobham en Wagendrift gekamp. Monk's Cowl (op die foto) is ons gunsteling. Dis stil met mooi uitsigte van die berge, staproetes en watervalle.

Ons ry heerlik in die kampwa en dit bied alles wat ons nodig het wanneer ons kamp.

Gesels met ons!

Skryf aan redakteur@weg.co.za.Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp.

As jy 'n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2MB. Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas.

CTA