Leser se pragfoto: Die sterrenag bo die Vegkop-monument

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Etienne du Toit van Centurion skryf Ek en 'n paar vriende het 'n naweek in Mei gaan sterrekyk by die Vegkopslagveld naby Heilbron.

Dis 'n fantastiese plek vir sterrekyk! Die lugruim is donker en die terrein is pynlik netjies met bekostigbare kampgeriewe.

Die Slag van Vegkop het in 1836 tussen die Voortrekkers en die Ndebeles plaasgevind. 'n Mooi monument is opgerig om die veldslag te gedenk.

Ek het hierdie foto van die sterre geneem met die monument in die voorgrond. Ek het 'n Canon EOS 760D-kamera en 'n Canon EF-S 18-55mm-USM-lens gebruik en my kamera op 'n driepoot laat rus.

Ek het die sluiter vir vyf minute oopgelos met 'n ISO van 400 en het agt foto's saamgevoeg om hierdie beeld te skep.

Gesels met ons

Skryf aan redakteur@weg.co.za. Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp.

As jy 'n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2MB. Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas.

SPELETJIES VANDAG

CTA