Reis

Leser sê: Marakele is ’n wonderlike plek vir ’n voëlkyker!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ek en my man, Juandré, het 'n ruk gelede na Thabazimbi getrek en ons het met 'n swaar hart ons familie in Hartbeespoort agtergelaat.

Maar ons het gou iets gekry om die verlange te stil: Die Marakele- nasionale park is net tien minute se ry ver.

Sou die park ooit pryse vir die mees gereelde besoekers uitdeel, sal ons loshande wen.

Ons het vinnig 'n liefde vir voëlkyk ontwikkel en ons lysie staan tans op 110 spesies - kyk net hierdie mooi paradysvlieëvanger!

Die voëls het gou familie geword en die berge van Thabazimbi voel nou soos huis.

Gesels met ons!

Skryf aan redakteur@weg.co.za. Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee assebliefjou voornaam, van én tuisdorp.

As jy 'n foto aanheg, maak asseblief sekerdis groter as 2MB. Weg behou hom die regvoor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas.