Reis

Hogsback-vroue plant vir die toekoms om SA se bedreigde woudpapegaai te red

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Wat behels jou werk?

Die woudpapegaai het sekere bome nodig om te floreer. By die kwekery kweek en versorg ons jong boompies - onder meer lemoenhout, witstinkhout en wildekastaiing - en plant hulle dan in die omliggende woude.

Hoeveel bome het jy al geplant?

Ek skat sowat tussen 5 000 en 6 000...

Het jy 'n gunsteling-boom?

Ek hou van die witolienhout. Dis maklik om die sade in die hande te kry en die boom groei vinnig. Verskeie voëls (ook die woudpapegaai) hou van dié immergroen boom.

Hoe help jou werk die woudpapegaai?

Baie mense besef nie dat die afkap van bome druk plaas op die papegaai nie. Deur die bome rondom Hogsback te plant, help ons om die papegaai se habitat te herstel.

Terselfdertyd skep die Cape Parrot Project werk vir diemense in my gemeenskap.

Die woudpapegaai is die enigste papegaai wat net in Suid-Afrika voorkom. Hulle hou in klein, afgesonderde kolle in die Afromontane suidelike misgordelwoude in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo. Navorsers reken daar is sowat 1 300-2 000 oor.

Sien wildbirdtrust.com.

CTA