Vir iemand wat in die Klein-Karoo grootgeword het - waar jy net sommige winters sneeu op die pieke van die Klein-Swartberg kon sien - was Chicago se winterstrate vol sneeu 'n aangename verrassing.
In 2007 het ek nagraads in geografie op Stellenbosch gestudeer toe ek die geleentheid kry om vir 'n tydjie in Amerika navorsing te doen. Daar moes ek werk om die ekskursie te finansier.
Vir die eerste paar maande het ek in Chicago gebly.
Ek was in Edgewater, 'n noordelike voorstad van Chicago, waar ek toe werk kry in Barry's Spot, wat pizza verkoop. Die klante by Barry's was meestal bekende gesigte wat elke dag ingeloer het om hulle gewone bestelling te plaas.
Barry's Spot se eienaar was Adnaan van Pakistan wat al meer as 'n dekade in Chicago gebly het. Angél, die kok, was van Mexiko en die ou wat die till slaan,kom van Ladismith in die Klein-Karoo.
Net James, die ou wat ons aflewerings gedoen het, was 'n gebore Amerikaner.
Maar die oom wat elke liewe dag net ná twaalf by die winkel ingestap het,se naam het ek nooit geken nie. Hy was in sy tagtigs en het elke dag sy bruin oorjas en tweed Deerstalker-hoed gedra.
Ek het net 'n paar dae daar gewerk, toe kon ek al vir hom vra: "The usual?"
'n Italiaanse bieftoebroodjie, gebakte aartappel met suurroom en 'n blikkie 7Up. Die eerste keer dat ek hom ontmoet het, het hy my sowat $2 minder betaal as wat hy moet en dadelik begin sing terwyl hy uit die winkel stap.
Die woorde van die liedjie het iets met waspoeier te make gehad, maar verder het ek nie geweet wat aangaan tot Adnaan kom verduidelik nie.
"Hy betaal nie vir sy gebakte aartappel nie, hy sing daarvoor," het hy gesê.
Die oom was in sy jong dae 'n liedjieskrywer en het kenwysies geskryf vir televisie- en radioadvertensies - en natuurlik een oor waspoeier!
Hy bly in 'n woonstel in 'n aftreeoord om die draai. Hy het nie meer familie gehad nie en, soos hy my later sou vertel, die ander mense in die oord is te oud en vervelig vir hom.
Elke weeksdag, op presies dieselfde tyd, word 'n wysie vir ons gesing.Eendag is dit ongehoord besig in Barry's en die oom staan ook in die ry.
Ek gee vir hom sy kos en om dinge 'n bietjie vinniger te laat vloei, sê ek haastig - nog voordat hy kan begin sing - ek weet die aartappel is gratis.
Hy draai toe verslae om en gaan sit by 'n tafeltjie om sy middagete te eet.
Adnaan kom staan langs my en sê saggies. "Dit gaan nie oor die gratis aartappel nie."
Maar die oom wat elke liewe dag net ná twaalf by die winkel ingestap het, se naam het ek nooit geken nie. Hy was in sy tagtigs en het elke dag sy bruin oorjas en tweed Deerstalker-hoed gedra.
Hy gee vir my 'n ekstra blikkie 7Up en ek vat dit vir die oom. Ek het hom ontneem van een van sy min daaglikse plesiere: Om te sing en mense te vermaak."Hoe gaan daai een oor die waspoeier nou weer?" vra ek en toe die liedjie begin, is die vrede herstel.
'n Paar maande later sit ek op 'n Greyhound-bus iewers tussen Venice en Naples (nie in Italië nie). Vir die laaste drie maande van my besoek aan die VSA het ek die ysige Chicago verruil vir Clearwater naby Tampa in die veel warmer Florida. Clearwater is bekend as die setel van die Kerk van Sciëntologie, maar ek het op 'n eiland in 'n surf shop gewerk.
Om geld te spaar het ek en twee meisies van Colombië 'n motel-eenheid gedeel. Dié flaminkpienk motel was oorkant die winkel.
Die twee vroue het die dubbelbed in die slaapkamer gekry, en ek was tevredemet die matras op die vloer in die inloopkas.
Met die bietjie ekstra kapitaal in my sak koop ek een naweek 'n buskaartjie na Miami. Ek wil dié stad verken voordat ek terugkeer na Suid-Afrika.
Die bus was redelik leeg toe ons met die Interstate 75-snelweg uit Clearwater ry, maar met elke stopplek het dit voller geraak.
Ek besef dat ek binnekort die luuksheid van 'n oop sitplek langs my gaan verloor.
In die einste Venice gebeur dit. 'n Man kom sit langs my. Hy is 'n intimiderende figuur - in sy laat veertigs, diep lyne op sy gesig, oortrek met tatoeëermerke van sy nek tot by sy vingerpunte. Daarby flits sy tande goud wanneer hy glimlag.
Hy lyk op sy senuwees en kyk aandagtig verby my deur die ruit terwyl hy sy bobene vryf. Ek wil oogkontak vermy en probeer besig lyk op my selfoon.
Minder as 'n uur uit Venice kruis die snelweg met 'n lang brug die Peace-rivier.
Toe die bus wegtrek, sien ek deur die venster 'n groep van tien mense wat hom ingewag het. Hulle was bly om hom te sien.
Die man stamp my met sy elmboog. "Sjoe, maar dis darem mooi, nè?" sê hy met meer oorgawe as wat ek verwag het. Hy voeg by: "Jammer, ek kom pas uit die tronk."
Hy vertel hy is daardie oggend sonder enige kennis vrygelaat.
"My parool is goedgekeur en vanoggend het hulle uit die bloute vir my gesê ek kan huis toe gaan. Hulle het vir my net die klere wat ek gedra het, gegee en'n buskaartjie na enige plek in Florida. Ek het familie in Fort Lauderdale."
Dis vinnig duidelik dat hy nie in die tronk was vir 'n witboordjiemisdaad nie, en hy is ook nie skaam om dit te sê nie. Hy was as tiener betrokke by 'n rooftog van 'n petrolstasiewinkel.
"Ek was jonk en dom, dinge het verkeerd geloop en iemand het baie seergekry. Ek was net veronderstel om die voertuig te bestuur, maar jy weet mos hoe loop sulke dinge."
Ek knik net my kop. Op Ladismith het vrugte steel uit die buurman se tuin as 'n ernstige misdaad getel.
"Ten minste is jou familie bly dat jy terugkom huis toe?" verander ek die onderwerp. "Ek weet nie," sê hy, heel duidelik ongemaklik.
"Dit het só vinnig gebeur dat ek hulle nog nie eens kon laat weet nie. Ek weet nie of hulle bly gaan wees om my te sien nie."
Daar gaan niemand wees om hom by die bushalte in Fort Lauderdale te ontmoet nie en hy moet dan sonder 'n sent sy broer se huis opspoor.
Maar ek het 'n selfoon, onthou ek.
Ek bied aan dat hy my Nokia gebruik om sy mense te bel en hy stem dankbaar in.
Ek gee vir hom die foon, hy bekyk dit vir 'n oomblik en trek sy skouers open gee dit terug. Ek dag eers hy kry koue voete, maar besef toe dat hy só lank agter tralies was dat hy nog nooit met 'n selfoon gewerk het nie.
Ek pons die nommer vir hom in (hy ken dit uit sy kop) en gee vir hom toe dit lui.
Die gesprek was kort, en sy stem kraak toe hy vir my die foon teruggee en dankie sê.
Rondom Naples droog ons gesprek op. Interstate 75 volg die kuslyn van die Golf van Mexiko tot hier, maar swenk skerp oos en sny met 'n reguit lyn deur die plat Everglades tot by Fort Lauderdale aan die Atlantiese Oseaan.
Die man langs my is wakker, maar sy oë is toe en hy vryf nie meer sy bobene nie. By die bushalte skud die man my hand.
Toe die bus wegtrek, sien ek deur die venster 'n groep van tien mense wat hom ingewag het.
Hulle was bly om hom te sien.















