Anet Claassen van Hartenbos skryf: Hierdiespinnekop het lank teen ons agtermuur gewoon, maar het ná die onlangse grootreëns verdwyn. Ons het gekyk hoe dit van 'n klein spinnekoppie tot 'nvolwassene groei. Watter soort spinnekop is dit?
Die insekkenner Duncan MacFadyen antwoord: Dis 'n harigegouewawielwebspinnekop en kom algemeen in Suid-Afrika voor.
Die mannetjies is baie kleiner as die wyfies en paar gewoonlik net meteen wyfie in hulle leeftyd, deels omdat hulle nie altyd die paringsprosesoorleef nie.
Die mannetjies het buisvormige organe wat hulle gebruik om voort teplant. Hulle breek hierdie organe binne-in die wyfie se twee geslagsopeninge afom die spermselle oor te dra en om ander mannetjies se pogings om te paar tekeer totdat die wyfie haar eiers gelê het.
Die wyfie maak soms die mannetjie tydens die proses dood en sal hom ookopvreet - die mannetjies van die spesie het aangepas en kan hulle bene amputeerom te ontsnap.
Die spinnekop maak graag sy web waar prooi volop is, dikwels in oop,beboste gebiede en tussen boomtakke, bosse, lang gras of selfs rondombuiteligte.
Die spesie is nie aggressief teenoor mense nie en sal net uitselfverdediging byt as mense hulle probeer aanraak. Hulle gif is relatiefonskadelik en het 'n lae toksisiteit wat nie gevaar vir gesonde volwassenesinhou nie.
Elke maand beantwoord onskenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za.














