Reis

XC60 is kopers se gunsteling-Volvo

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die XC60 is het die 240 verbygesteek om die topverkoper-Volvo te word.
Die XC60 is het die 240 verbygesteek om die topverkoper-Volvo te word.

Meer as 2,7 miljoen XC60's wat verkoop is sedert sy bekendstelling in 2008. Hy is selfs in 2018 bekroon as die Wêreldmotor van die Jaar en word deur verskeie motorjoernaliste beskryf as die perfekte gesinsmotor.

Die ouer Volvo 240 is tussen 1974 en 1993 vervaardig, en altesame 2685171 eenhede is wêreldwyd verkoop. Dié stasiewaens is almal in die Torslanda-aanleg in Swede en in Gent, België, gebou.

Die heel laaste 240 het op 5 Mei 1993 by Torslanda se hek uitgery.

Die XC60 se ontrimpeling is op pad.
Die XC60 se ontrimpeling is op pad.

Die nuwer XC60 word ook in Torslanda gebou, maar Volvo se tweede aanleg het na Chegdu in China verskuif.

Volvo sê sy 2026-ontrimpeling wat nog op pad is, sluit in beter programmatuur vir sy raakskerm wat makliker is om te gebruik. Gemak gaan glo ook opgeknap word én daar wag 'n paar vernuwings buitelangs.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM