Jou sterre vir die week – 20 Maart 2025

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Ram 21 Maart - 19 April

Die son beweeg op die 20ste by jou teken in en dui op die begin van 'n nuwe kosmiese jaar. Jou verjaardagmaand voorspel ingewikkelde dinge en 'n ongemaklike tyd waarin min volgens plan sal verloop.

Jy sal iets kan bereik as jy die lewe kan vat soos dit kom, al is dit bitter moeilik vir 'n perfeksionis. Probeer om van dag tot dag in die oomblik te leef en min verwagtinge te hê.

Die Ram: Gesondheid en welstand

  • As 'n vuurteken is jy geneig om energiek te wees.
  • Te veel te gou kan 'n bron van spanning wees.
  • Jy is goed met krisisbestuur.
  • 'n Adrenalieninspuiting kan verslawend raak.

Bul 20 Apr - 20 Mei

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy ontnugter voel oor iets wat 'n vriend gesê of gedoen het, vra jy jouself dalk af hoe dit kon gebeur het. Probeer om nie te hard op jouself te wees nie, want dis waarskynlik net een van daardie goed wat in die lewe gebeur.

Dis 'n goeie idee om eers laag te lê tot die punt dat jy jou afsonder. Skep vir jou 'n koesterende omgewing om jou te help gesond word.

Tweeling 21 Mei - 20 Jun

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

'n Groot teleurstelling by die werk kan moeilik wees om te verwerk, veral as jy jou bes gelewer het. Jy sou gewoonlik na jou metgesel of vriende gedraai het om jou op te beur, maar hierdie keer kan dit voel of jy geen steun het nie en op jou eentjie is. Sê vir jouself dis net tydelik omdat twee planete nog agteruitbeweeg, en dis beslis nie die nuwe normaal nie.

Kreef 21 Jun - 21 Jul

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

As 'n waterteken is jy besonder sensitief vir emosionele veranderinge en daarom sal jy dit waarskynlik kan voel wanneer die son en Neptunus op die 20ste in die Visse saamkom.

Aan die positiewe kant kan jou intuïsie baie fyn ingestel wees, maar aan die negatiewe kant kan jy amper paranoïes voel. Probeer gefokus bly ondanks die uitdagings by die werk.

Leeu 22 Jul - 22 Aug

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Jou heerser, die son, het op die 20ste sy jaarlikse ontmoeting met die newelagtige Neptunus. Dit kan jou kreatiwiteit en verbeelding aanvuur, maar jou ook alles laat glo wat jy hoor en kwesbaar maak om om die bos gelei te word.

Dis nie 'n tyd vir finansiële besluite neem nie, maak nie saak hoe winsgewend dit klink nie. Lê laag en moenie optree nie, en spaar geld.

Maagd 23 Aug - 22 Sep

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Jy het waarskynlik 'n geliefde op 'n troontjie geplaas, en die persoon gaan kort voor lank daar aftuimel. Jy koester ook dalk veels te lank 'n wrok, en dis 'n geskikte tyd om te vergewe en met jou lewe aan te beweeg.

Kommunikasie sal 'n stryd wees, en jy kan maar net onder die omstandighede jou bes doen. Die planete wat nou agteruitbeweeg, sal binnekort van rat verwissel en tot ruste kom.

Weegskaal 23 Sep - 22 Okt

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

'n Situasie by die werk bereik 'n keerpunt - daar's meer verwarring as duidelikheid, teleurstelling pleks van bevrediging. Laat die situasie sy gang gaan en moet jou nie te veel verknies nie.

Die son verander op die 20ste van teken en beïnvloed jou hartsake. Alles verloop dalk nie volgens plan in jou liefdeslewe nie, en jy sal uiterste geduld en deursettingsvermoë moet hê.

Skerpioen 23 Okt - 21 Nov

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Jy besef waarskynlik tot watter mate daar nou van jou verwag word om vir ander mense opofferings te maak, veral kinders en jong mense. Jy doen dit skynbaar uit vrye wil, al ly jy daaronder.

Dit sal gou verbygaan, en dan kan jy jou aandag op jou werk en jou verhouding met jou kollegas fokus. Dit lyk of dié verhoudings onder druk is, en dit sal nie maklik wees om oplossings te vind nie.

Boogskutter 22 Nov - 20 Des

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Jy is dalk al radeloos oor hoe om al die familiedramas op te los en uit te stryk. Jy kan maar net met die stroom saamgaan en kyk of die situasie self opklaar.

Die lewe kan nou meer vrae as antwoorde oplewer. Skep moed as jy dinge oor jouself bevraagteken, ook jou kreatiwiteit. Verdraag­saamheid vir ander se tekortkominge sal 'n ware seën wees, veral dié van jou lewensmaat.

Steenbok 21 Des - 20 Jan

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

As daar een ding is wat jy in die lewe op prys stel, is dit duidelikheid. Maar met die son en Neptunus kop in een mus, kan jy in 'n newel vasgevang voel. Probeer dit trotseer tot die 20ste toe.

Moenie aandag skenk aan skinderstories op sosiale media nie, want dis waarskynlik net bespiegeling. Jy gaan in elk geval al jou krag nodig hê om vir die res van die week familiesake te hanteer.

Waterdraer 21 Jan - 18 Feb

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy die werklikheid van jou geldsake ignoreer, doen jy dit op eie risiko, veral as jou benadering nou is om jou kop in die sand te druk. Dit kan ewe maklik wees vir ander mense om jou om die bos te lei.

Moet dus nie goedgelowig wees nie en bly op jou tone. Kommunikasie oor die algemeen, maar veral met bure en sibbes, is nou uitdagend, en misverstande is volop. Haal diep en stadig asem.

Visse 19 Feb - 20 Mrt

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Of jy daarvan hou of nie, jy is op die een of ander manier die middelpunt van die heelal. Dis danksy die samespanning tussen die son en jou heersende planeet, Neptunus, op die 20ste.

Ten beste kan jy nou jou mees intuïtiewe, kreatiewe self wees, ten slegste kan jou geneigdheid tot ontvlugting jou duur te staan kom. Meditasie sal jou altyd goed doen.

SPELETJIES VANDAG

CTA