Leeu 22 Julie - 22 Augustus
Jy en jou geliefde sit vas oor hoe om jul individuele loopbaanpaaie die beste te bestuur sodat julle albei kan floreer pleks van oorleef.
Dis sinloos om jou kop teen die muur te stamp as julle nie vordering maak nie.

Julle het dalk net 'n bietjie van 'n blaaskans weg van mekaar nodig, so hoekom nie net vir eers aanvaar dat julle van mekaar verskil nie.
As jy iemand in die geheim bewonder, kan die versoeking groot wees om 'n grens te oorskry.
Gelukkige nommers 12, 35, 43, 52, 38, 25
Leeu: Fiksheid en welstand
- Houding oor oefening: Ydelheid dryf jou om te oefen.
- Voorkeuraktiwiteit: Jou beste opsie is om gholf te speel of gim toe te gaan.
- Finansiële fiksheid: Jy kan alles of niks bestee.
- Geld: Jy's vrygewig en hou daarvan om te wys wat jy het.
- Jou huis is jou kasteel en jou paleis.
- 'n Aandjie tuis behels 'n groot partytjie met spyseniers, personeel en 'n sommelier.
- Vir ontspanning verkies jy om op 'n eksotiese en interessante plek te gaan sonbaai.
Maagd 23 Aug - 22 Sep
Verwag groter helderheid van gemoed van die oomblik dat jou regerende planeet, Mercurius, op die 4de weer in jou teken vestig.
Dit sal jou ook meer selfvertroue gee om voort te gaan met planne wat jy dalk opsygeskuif het.

'n Goeie vriend kan skielik wraaksugtig of haatdraend wees, waarskynlik aangevuur deur 'n soort afguns teenoor jou.
Jou maat spoor jou dalk aan om meer deernis teenoor jou vriend te hê.
Gelukkige nommers 1, 6, 27, 45, 26, 2
Weegskaal 23 Sep - 22 Okt
Jou aandag is vandeesweek op jou loopbaan gefokus, in so 'n mate dat iemand by die huis dalk afgeskeep of verwaarloos voel.
Jou mantra is altyd balans en dis iets wat jy nou op jou eie lewe moet toepas.

Of dit nou die oorsaak van jou maat se huidige ellende is of nie, jy moet ten minste erken dat hulle gefrustreerd voel, dalk selfs nie ondersteun nie.
Jy het baie hooi op jou vurk.
Gelukkige nommers 11, 45, 51, 46, 17, 1
Skerpioen 23 Okt - 21 Nov
Spanning in 'n hegte verhouding sal waarskynlik jou week oorheers, met nie een van julle wat bereid is om die onderliggende kwessies openlik te bespreek nie.
Om liefde en toegeneentheid te weerhou, is nie 'n manier om die probleme op te los nie en kan eindelik meer skade as goed doen.

As jy regtig moet, hoekom nie 'n bietjie tyd weg van mekaar deurbring nie, wat jou sal toelaat om af te koel en 'n nuwe perspektief op ou probleme te kry.
Gaan praat met 'n vriend.
Gelukkige nommers 2, 15, 22, 45, 19, 3
Boogskutter 22 Nov - 20 Des
Erken maar 'n stekie jaloesie as jy agterkom die kollig val vandeesweek op jou geliefde en nie op jou nie.
Gelukkig is jy vrygewig van aard en sal dit waarskynlik sonder voorval verbygaan.

Daar is egter 'n geldkwessie wat julle twee moet bespreek; of julle 'n ooreenkoms oor die kwessie bereik of nie, is 'n ander storie.
Moenie toelaat dat 'n broer of suster of neef, wat dit goed bedoel, in jou lewe inmeng nie.
Gelukkige nommers 10, 35, 41, 47, 36, 14
Steenbok 21 Des - 20 Jan
Jy moet waarskynlik meer daarop let of jy ietwat van 'n beheervraat in jou liefdesverhouding geword het.

Al kla jou maat dalk nie, sal jy tussen die lyne moet lees wat hulle voel. Daar is tans 'n mate van frustrasie in jou huislewe en dit blyk dat jy 'n struikelblok teëgekom of 'n baksteenmuur getref het wanneer dit kom by oplossings vind.
Soos altyd sal geduld jou beste opsie wees.
Gelukkige nommers 1, 15, 32, 40, 26, 6
Waterdraer 21 Jan - 18 Feb
Daar wag vandeesweek moeilike besluite rakende jou huis en gesinslewe op jou.
Om die werklikheid van 'n situasie te probeer ontken, sal net nog probleme skep, so doen jou bes om die probleme wat jy ook al teëkom die hoof te bied.

Wysheid en leierskap is nodig om julle almal deur hierdie moeilike tyd te lei en om verenig te wees sal julle almal goed doen.
Ignoreer daardie mens by die werk wat vreemd optree.
Gelukkige nommers 8, 18, 30, 25, 14, 1
Visse 19 Feb - 20 Mrt
Jy is in die bui vir liefde en romanse, maar 'n vriend wat inmeng kan dalk 'n kopseer in hierdie verband wees.

As jy vermoed dat die oorsaak hiervan met afguns of jaloesie verband hou, moet jy reguit met jou vriend daaroor praat.
Gelukkig is jou geliefde vol begrip hieroor en kan hulle selfs 'n paar insigte bied waaraan jy nie gedink het nie.
Gelukkige nommers 10, 14, 46, 50, 41, 11
Ram 21 Mrt - 19 Apr
Net toe jy dink jy het die vryheid om voort te stoom met 'n finansiële plan, steek 'n stok in die wiel.
Pleks daarvan om dit te sien as 'n plan wat ontspoor word, beskou dit as 'n vertraging en 'n struikelblok wat oorkom moet word.

Deeglike beplanning en eindelose geduld sal jou deur hierdie tydperk sien.
Iemand by die huis het dalk nie die nodige insig om die ingewikkelde situasie ten volle te verstaan nie.
Gelukkige nommers 28, 38, 45, 50, 43, 34
Bul 20 Apr - 20 Mei
Die gevoel van vryheid wat jy die afgelope tyd geproe het, kan van korte duur wees, want daar heers vandeesweek spanning tussen motiverende Mars in jou teken en streng Saturnus.

Doen liewer minder as meer, sodat jy jou energie kan bewaar en aan 'n strategie vorentoe kan werk.
Dit blyk amper werkverwant te wees, maar 'n belofte wat iemand nie gestand gedoen het nie, kan jou vandeesweek soos 'n voorhamer tussen die oë tref.
Lê laag en lek jou wonde.
Gelukkige nommers 9, 22, 35, 48, 24, 16
Tweeling 21 Mei - 20 Jun
Jou heersende planeet, Mercurius, verander vandeesweek tekens terwyl dit in die analitiese en kritiese Maagd vestig.
Dit is goeie nuus vir jou wat besluite oor die huis en die gesin behels, aangesien jy waarskynlik fyner daarop ingestel sal wees.

Tog kan daar 'n paar geldprobleme opduik, iets wat jy nie kan waag om te ignoreer nie.
Sny jou begroting indien nodig of wag eers met daardie groot aankoop.
Gelukkige nommers 2, 15, 28, 37, 17, 3
Kreef 21 Jun - 21 Jul
Dit is dalk nie die maklikste tyd vir jou wat 'n liefdesverhouding betref nie.

Hoewel dit nie impliseer dat die verhouding nie werk nie, is daar dalk 'n paar probleme waaroor gepraat moet word om daardie swaar gevoel te laat lig.
Volwassenheid en openlikheid word vereis om hierdie gesprek te voer en daar is geen plek vir vergelding of geniepsigheid nie.
Vir eers kan dit die beste wees om besprekings oor geld uit te stel.
Gelukkige nommers 8, 30, 38, 49, 32, 14
Bekendes se verjaardae
Barack Obama - 4 Augustus 1961
Meghan Markle - 4 Augustus 1981
Charlize Theron - 7 Augustus 1975
Roger Federer - 8 Augustus 1981
Karen Zoid - 10 Augustus 1978
- Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot' se daaglikse nuusbrief, "Huisgenoot Vandag".
Teken hier vir ons nuusbriewe in:
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!
















