Styl

Google-soekenjin: Dís die top-grimeertendense van 2023

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Instagram
FOTO Instagram

Hier word die gewildste tendense gelys wat verbruikers die afgelope jaar op dié soekenjin ingesleutel het.

Op die skoonheidsfront, was daar verskeie grimeertendense wat voortdurend nagevors is.

Dié tendense het die kollig gesteel:

1. Latte-grimering

FOTO Instagram / Hailey Bieber
FOTO Instagram / Hailey Bieber

Dink aan warm skakerings soos brons en bruin. Om dié voorkoms te vervolmaak, moet jy die volgende stappe toepas:

  • Gebruik 'n getinte sonroom vir ligte, minimale bedekking
  • Wend bruin vloeibare oogskadu oor jou ooglede en skakeer dit met 'n oogskaduborsel in
  • Tik so 'n bietjie verligter in die binnehoeke van jou ooglede
  • Gebruik romerige verbronser om jou gesig kleur te gee, vermy enige blosser wat rooi of pienk is
  • Kies 'n donkerbruin oogomlyner om jou oë te definieer
  • Wend so paar lae maskara aan
  • Omlyn jou lippe met 'n neutrale lipomlyner en rond jou lipvoorkoms met deursigtige lipglans af

Kyk net hier:

2. Tamatie-grimering

Dis 'n blosende, songekuste voorkoms wat jeugdig en vars lyk. Pas hierdie stappe toe:

Rooi blosser

Dis belangrik om jou blosser op 'n moderne wyse aan te wend. Lank reeds is die dae verby waar ons blosser alleenlik direk op die appels van ons wange aanwend. Wend blosser in 'n diagonale lyn vanaf jou wange in die rigting van jou slape aan. Jy kan self so 'n klein bietjie blosser op jou neusbrug tik.

Rooi lippe

Kies 'n klassieke rooi lipstiffie om jou lippe treffend te definieer. Jy kan ook 'n liptint of lipomlyner met 'n lipglans dra vir 'n meer subtiele lipvoorkoms.

Glansende gelaat

'n Glansende vel wat gesond en stralend lyk, is sekerlik die belangrikste komponent om dié voorkoms lewe te gee. Dit sal verseker dat jou grimering nie vaal lyk nie en jy self sal lyk asof jy pas van 'n Italiaanse vakansie teruggekeer het.

Gebruik 'n getinte vogroom, verbloemer, romerige verbronser, verligter en blosser.

Met 'n veltint en verbloemer moet jy jou vel net liggies bedek om 'n natuurlike voorkoms te skep sodat jou sproete steeds sigbaar is. As jy nie sproete het nie, kan jy met 'n bruin oogpotlood so paar kolletjies op jou wange en neus maak.

Natuurlike ooggrimering

Wend 'n bruin oogskadu of 'n skakering wat so een skakering donkerder as jou gelaat is, oor jou ooglede aan. Rond jou oë met 'n paar lae maskara af.

3. Ombré-verbloemer

Ombré-verbloemer is 'n tegniek waar jy verskeie skakerings van verbloemer en blosser in 'n spesifieke volgorde onder jou oë aanwend. Die tegniek vereis dat jy 'n kombinasie van verbloemer én blosser van lig na donker, onder jou oë strategies aanwend.

FOTO Instagram / Danielle Marcan
FOTO Instagram / Danielle Marcan

Die skakerings word in groot sirkelvormige stippels onder jou oë geplaas: Begin in die binnehoek van jou oog met 'n ligte skakering van verbloemer, dan 'n effens donkerder skakering.

Jy kan selfs hierna 'n skakering wat soortgelyk aan jou veltoon is, aanwend.

Wend laastens vloeibare blosser in die buitenste hoek van jou oog aan. Wend tot twee verskeie skakerings blosser aan.

Hierdie tegniek verlig jou oë op 'n treffende én natuurlike wyse. Dit laat jou vel jeugdig lyk met 'n rosige gloed en beklemtoon jou wangbene.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM