Styl

Omgetower in ’n splinternuwe sikspens

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Om jouself eerste te stel en goed te voel en te lyk, is makliker gesê­ as gedaan en dis waarmee die Glam Guru vandeesweek gehelp het.

"Om goed te lyk hang af van jou tyd en jou geldsake, so as albei skaars is, moet jy slim wees," het Hannon Bothma, aanbieder van die voorkomstransformasiereeks, Glam Guru, gisteraand gesê voordat hy Sune Swart onder hande gehad het.

Swart is vandeesweek se deelnemer aan Glam Guru en het besluit om haarself vir 'n slag eerste te stel - en te begin met haar voorkoms.

Sune Swart voor haar oormaaksessie.
Sune Swart voor haar oormaaksessie.

Met die hulp van die Glam Guru­-span spog Swart nou met 'n splinternuwe voorkoms wat hopelik aan haar nuwe energie sal gee om haarself 'n prioriteit te maak.

"As jy wil losruk en vorentoe beweeg, kan jy dit nie doen met die gewig van 'n lang poniestert wat jou spoed breek nie," het Bothma gisteraand aan Swart gesê voordat haar lang lokke op die vloer geval het.

"Gereelde vernuwing is nie elke­ dag op Sune se prioriteitslys nie. Met 'n moderner haarstyl het sy 'n ligter haarkleur nodig om haar meer opwindend en energiek te laat lyk."

Sune Swart ná Glam Guru haar onder hande gehad het.
Sune Swart ná Glam Guru haar onder hande gehad het.

So gesê, so gedaan - Swart se haarkleur is drasties verander.

Christine Steynberg, eienaar van Sally Slimming Studio en medeborg van Glam Guru, het raad gegee vir 'n olierige vel en gesê 'n vogroom wat vog verskaf maar olie regdeur die dag bly absorbeer, is die regte keuse om te keer dat die vel blink.

"Kleur, en veral pers grimeerskakerings, is nou hoogmode," het Bothma gesê toe hy 'n perskleurige oogpotlood aangewend het.

Aan diegene wat soos Swart 'n "appel-vorm" het, het die mode-stilis Lizel van der Westhuizen goeie raad gegee om die aandag van die maag-area af te trek - 'n A-lynrok is die beste.

In 'n japtrap is Swart omgetower in 'n splinternuwe sikspens wat slaggereed is om beheer oor haar eie lewe te neem.

  • Glam Guru is tot 26 Desember elke Donderdag om 17:30 op kyk­NET (DSTV-kanaal 144), met heruitsendings Maandae om 11:30, Dinsdae om 16:30, Woensdae om 14:00 en Vrydae om 13:00.

Wen met Hannon en Beeld

Die week se wenner van Beeld se Glam Guru-kompetisie is Engela Barkhuizen van Die Wilgers in Pretoria.

"Fantasties! Dis nou goeie nuus," het Barkhuizen, wat as kliëntedienskonsultant by 'n mediese fonds werk, gesê toe sy hoor sy gaan met Hannon-skoonheidsprodukte van R1 000 bederf word.

Met elke episode van Glam Guru wen 'n gelukkige Beeld-leser Hannon-skoonheidsprodukte van R1 000. 'n Hannon-konsultant tree in verbinding met die wenners om te verseker die regte produkte is op pad.

'n Voorbeeld van 'n inskrywing is: Hannon, pienk lipstiffie, Jane Doe, Koster, JaneDoe@yahoo.com.

Die weeklikse wenner word in 'n gelukkige trekking gekies en word in Beeld bekend gemaak.

'n SMS kos R1,50, gratis SMS'e geld nie en foutiewe SMS'e sal verreken word.

Vandeesweek se vraag is: Watter vogroom word vir Swart aanbeveel?

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM