Lilly van Tonder (45) het besluit om die mooiste weergawe van haarself te wees in die tyd wat sy op aarde oor het.
Sy wil voluit leef en aan haar gesin wys dat sy nie gaan lê nie - ondanks haar fase 4-kankerdiagnose en haar besluit om nie behandeling daarvoor te kry nie.
Van Tonder was vandeesweek se deelnemer aan Glam Guru.

Haar kleresmaak is baie stylvol en klassiek, sê Hannon Bothma, aanbieder. "Maar as iemand kankerbehandeling weier, beteken dit jy het 'n rebelse streep in jou wat sal hou van iets heeltemal nuuts en anders."
Lizel van der Westhuizen, modestilis van Glam Guru, het Van Tonder raad gegee oor hoe om haar uitrustings op te kikker.
" 'n Helder, effekleurige bloes met 'n satynserp of goue ketting op," het van der Westhuizen voorgestel.
"Dra verskillende teksture, patrone en helder kleure bymekaar om 'n dramatiese uitrusting te skep."
Van der Westhuizen het ook raad vir kort mense wat 'n bietjie langer wil lyk.
"Maak seker jou broek en skoene is dieselfde kleur. Dit skep die illusie van lengte. Maak seker jou sandaal se bandjie gaan agterom die enkel; dit verleng ook die bene," sê sy.
"As niemand weet wat môre mag bring nie en jy kry die kans om 'n waaghalsige haarstyl te probeer, dan is dit nie nou die tyd om te huil oor 'n bolla of 'n poniestert wat jy gaan mis nie," sê Bothma.
Hy het haar 'n skouerlengte-haarstyl gegee.
"Dit gaan vir haar 'n goeie paar jaar ouderdomsafslag gee," het hy opgemerk.
" 'n Donkerder en warmer haarkleur gaan baie meer kleur aan Lilly se gelaat gee. Die regte haarkleur gaan ook haar oë meer beklemtoon."
Bothma het opgemerk dat Van Tonder 'n uitsonderlik mooi vel het waarvan die tekstuur en kleur eenvormig is.
"Dit beteken dat jy een van weinig mense is wat 'n gebalanseerde veltipe het."

Christine Steynberg, eienaar van Sally Slimming Studio en medeborg van Glam Guru, het saamgestem en 'n paar Hannon-skoonheidsprodukte vir Van Tonder se daaglikse velsorgroetine aanbeveel.) As jy smag na hierdie (en talle ander) Hannon-skoonheidsprodukte, moet jy deelneem aan Beeld se Glam Guru-kompetisie.
Jy kan R1 000 se Hannon-produkte wen deur bloot die vraag te beantwoord:
Watter produk is voorgestel om Van Tonder meer energiek en gesonder te laat lyk?
SMS voor Maandag om 12:00 die sleutelwoord, Hannon, die antwoord op die vraag, jou naam en van, woongebied en e-posadres na 35986.
Die weeklikse wenner word in 'n gelukkige trekking gekies.
Die naam van die wenner word volgende Vrydag in Beeld bekend gemaak. ) 'n SMS kos R1,50, gratis SMS'e geld nie en foutiewe SMS'e sal verreken word.
* Glam Guru is tot 26 Desember elke Donderdag om 17:30 op kykNET (DSTV-kanaal 144). Die heruitsendings is Maandae om 11:30, Dinsdae om 16:30, Woensdae om 14:00 en Vrydae om 13:00.
Ronél uit haar vel
Hierdie week se wenner van Beeld se Glam Guru-kompetisie is Ronél Godfrey van Rustenburg in Noordwes.
"Ek glo dit nie!" het Godfrey gister gesê toe Beeld haar bel om haar in te lig dat sy Hannon-skoonheidsprodukte van R1 000 gewen het.
Sy het bygevoeg dat haar "duiwelse Donderdag" gister toe in 'n lieflike dag verander het, danksy die goeie nuus.



















