Welstand

Onthou dít oor groot vergeet

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: ISTOCK
Foto: ISTOCK

Demensie is nie deel van die natuurlike oudwordproses nie. Dit word deur verskillende siektes of beserings veroorsaak wat die brein beskadig en dan tot verskillende soorte demensie lei.

Demensie is 'n groep simptome wat mettertyd vererger, waaronder geheueverlies, verwarring, probleme met taal en begrip, veranderinge in gedrag, en waar die persoon hulp benodig met daaglikse take.

Die uitwerking van demensie op die brein en 'n mens se daaglikse funksionering is beduidend en beïnvloed nie net die persoon se geheue en kognisie nie, maar ook gedrag, emosies en fisieke vermoëns.

Vroeë diagnose en pasgemaakte sorg is noodsaaklik vir die doeltreffende bestuur van demensie, ondersteuning aan individue en die verbetering van hul lewensgehalte.

'n Paar algemene soorte demensie is:

Alzheimer se siekte

Alzheimer se siekte is die algemeenste oorsaak van demensie en is verantwoordelik vir 60% tot 80% van gevalle van demensie. Dit word veroorsaak deur proteïene wat in die brein opbou en plaak vorm. Die plaak verhinder dat senuselle behoorlik kommunikeer. Gevolglik gaan dié selle dood en breinweefsel gaan verlore.

Algemene simptome sluit in geheueverlies, verswakte oordeel en verwarring oor tyd en plek. Met verloop van tyd word basiese funksies soos kommunikasie, gedragsregulering en sosiale vermoëns aangetas wat dit al hoe moeiliker maak vir lyers om hul daaglikse take uit te voer.

Vaskulêre demensie

Vaskulêre demensie is die tweede algemeenste soort demensie en kom voor wanneer die brein van voldoende bloedvloei ontneem word. Dit kan die gevolg wees van skade verwant aan 'n beroerte of ander vaskulêre probleme.

Geheueverlies is nie altyd 'n algemene simptoom van vaskulêre demensie nie; dit behels wel dikwels uitdagings met beplanning, koördinasie en konsentrasie. Lyers sukkel gereeld om te loop en om hul balans te behou. Die siekte kan die lyer ook emosioneel beïnvloed en tot angs, depressie en prikkelbaarheid lei.

Lewy-liggaamsiekte

Hierdie vorm van demensie word veroorsaak wanneer klein konsentrasies proteïen (Lewy-liggaampies) in die brein vorm wat verhinder dat die brein behoorlik funksioneer.

Lewy-­lig­gaam­siekte is nou verwant aan Parkinson se siekte en soortgelyke simptome kom dikwels voor.

Dit sluit in probleme soos verlies aan kognitiewe vermoëns met betrekking tot aandag, beplanning, organisering en redenering, hallusinasies, sowel as die onvermoë om behoorlik te stap en jou balans te behou.

Dit kan ook die matige aantasting van die reuk- en of smaak­sintuig inhou, wat tot verlies aan reuk en smaak kan lei.

Frontotemporale demensie

Dié soort demensie is 'n groep afwykings wat progressiewe skade aan die neurone in jou frontale lobbe (agter jou voorkop) of die temporale lobbe (die breinstreek agter jou ore) veroorsaak.

Dit kan jou gedrag, persoonlikheid en vermoë om te praat en taal te verstaan beïnvloed. Individue wat aan hierdie soort demensie ly, kan onvanpaste sosiale gedrag, persoonlikheidsveranderinge en impulsiewe optrede toon.

Die siekte kom gewoonlik voor in jonger mense as die ander vorme van demensie, en kan dus so iemand se persoonlike en professionele lewe aansienlik beïnvloed. Vroeë diagnose en gespesialiseerde sorg is van kardinale belang vir die doeltreffende bestuur van hierdie vorm van demensie.

Korsakoff se demensie

Korsakoff se demensie, ook bekend as Korsakoff-sindroom, is die gevolg van 'n ernstige tekort aan vitamien B1 (tiamien), wat dikwels deur chroniese alkoholmisbruik veroorsaak word.

Hierdie toestand lei tot diepgaande geheueprobleme, waaronder die onvermoë om nuwe herinneringe te vorm. In sommige gevalle kan individue vals herinneringe skep om gapings te vul wat deur geheueverlies veroorsaak word.

Behandeling vir Korsakoff se demensie sluit in tiamien­aan­vullings en strategieë oor hoe om geheueprobleme te bestuur.

Gemengde demensie

In sommige gevalle kan individue aan meer as een soort demensie ly; 'n toestand wat bekend staan ??as gemengde demensie. Die algemeenste kombinasie is Alzheimer se siekte en vaskulêre demensie.

Simptome in hierdie gevalle kan wissel na gelang van watter soort demensie teenwoordig is. Iemand kan byvoorbeeld geheueverlies ervaar wat tipies van Alz­hei­mer se siekte is, terwyl hy of sy ook kan sukkel om vinnig te dink - 'n algemene simptoom van vaskulêre demensie. 'n Omvattende benadering is nodig om spesifieke uitdagings aan te pak.

MIV-geassosieerde demensie

MIV-geassosieerde demensie vind plaas wanneer die MIV­virus of die inflammasie wat dit veroorsaak die brein en breinweefsel aantas. MIV-verwante demensie kan geheue, redenasie en algehele breinfunksie ernstig beïnvloed, wat gespesialiseerde behandeling en sorg vereis.

  • Bron: Vereniging vir Alzheimer se siekte en Verwante Demensie(Arda), sowel as Demensie Suid-Afrika.

GEBORG

Vacuhealth

Ereksieprobleme kan 'n aanduiding wees van ‘n ernstige onderliggende probleem soos prostaatkanker, hoë bloeddruk of diabetes. Die newe-effekte van sekere medikasies kan dit ook veroorsaak. Alhoewel daar verskillende behandelingsopsies vir ED is, soos medikasie, inspuitings of operasies, word vakuumterapie tans al hoe meer deur mans en medici as die gekose behandelingsopsie vir erektiele disfunksie en ook vir penisrehabilitasie beskou.

'n Vakuum-ereksieapparaat, soos die Vacurect, werk deurdat 'n vakuum in 'n silinder geskep word. Bloed word sodoende in die are van die penis ingetrek, 'n ereksie ontstaan en 'n sagte vernouingsring bly agter aan die basis van die penis wat die ereksie behou sodat gemeenskap kan plaasvind.

Vir meer inligting skakel, 072 688 0795.

Gesond-Redaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM