As jy 'n aspirant-sjef is met 'n groot belangstelling in kookkuns met 'n plantbasis, kan jy nou inskryf vir die plantgebaseerde-sjef-van-die-jaar-kompetisie.
Die kompetisie word deur die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging aangebied en vind regstreeks plaas by The Good Life Show wanneer deelnemers gevra sal word om geregte met 'n plantbasis in beide die kategorieë gebak en warm geregte te skep.
Die kompetisie vind op 1 en 2 Junie plaas en wenners sal in die junior én senior afdelings gekroon word.
Inskrywings sluit op 28 Mei.
Die kriteria vir die kompetisie is:
- Identiteitsdokument
- Bewys van lidmaatskap aan die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging
- Motiveringsbrief
- CV
- Portefeulje
- Alle deelnemers moet geregistreerde lede van die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging wees om aan die kompetisie deel te neem.
- Alle geregte wat in hierdie kompetisie berei word, moet 100% veganisties wees of 'n plantbasis hê - geen diereprodukte word toegelaat nie.
- Deelnemers moet oor fundamentele kulinêre vaardighede beskik wat nodig is om hul gekose geregte doeltreffend te berei en oorspronklikheid en kreatiwiteit in hul geregte te demonstreer.
- Deelnemers moet goeie sportmangees deur die kompetisie toon.
Die Good Life Show vind van 31 Mei tot 2 Junie 2024 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) plaas. Kaartjies is by Quicket te koop. Een kaartjie = vier vertonings.
- Vir meer inligting oor die kompetisie, besoek www.sachefs.co.za.




















