Vyf gesonde feite wat jy moet weet!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

1. Wasbalie toe

Ontsmet jou winskoop- tweedehandse klere eers behoorlik voor jy dit dra. Navorsing het bevind klere kan baie aansteeklike "goggas" huisves - insluitend kieme wat tot vel- en bloedinfeksies kan lei asook bakterieë wat koors, braking en diarree en swamme wat atleetvoet en ringwurm veroorsaak.

2. 65%

Foto: Nataliya Vaitkevich/pexels.com
Foto: Nataliya Vaitkevich/pexels.com

Die persentasie waarmee sekere antidepressante warm gloede tydens menopouse kan verminder, volgens 'n oorsig van studies. Dit kan 'n effek op die graad en reëlmaat van gloede hê, het verskeie studies bevind.

Jou vlakke van estrogeen, 'n hormoon wat die produksie van serotonien stimuleer, daal tydens die menopouse. Sommige studies dui daarop dat laer serotonienvlakke dalk aan warm gloede gekoppel kan word. En antidepressante verhoog vermoedelik serotonienvlakke in die brein.

Hoewel antidepressante nie vir warm gloede geregistreer is nie, kan dokters dit volgens nie-goedgekeurde indikasie (off-label) voorskryf.

3. Meer as 'n mooi glimlag

Foto: Kasim H/pexels.com
Foto: Kasim H/pexels.com

Tandvleissiekte, tandverlies en plaak kan die risiko vir hartsiektes, diabetes en kognitiewe agteruitgang verhoog.

"Dit kan selfs die uitkoms van chirurgie beïnvloed. Só kan onbehandelde tandvleissiekte jou herstel ná 'n heup- en hartklepvervanging vertraag," sê Dirna Grobbelaar, mondhigiëne-adviseur by Ivohealth.

Dr. Johan Hartshorne, tandarts by Intercare Tygervallei, Bellville, beaam dit: "Swak mondhigiëne kan onderliggende toestande vererger, veral soos ons ouer word."

4. Bloedskenk, goed vir ons

Foto: Kaboompics.com/pexels.com
Foto: Kaboompics.com/pexels.com

Skenk jy bloed, kan jy mos iemand se lewe red. Maar dit kan ook jóú gesondheid bevoordeel. Gereelde bloedskenkers het dalk subtiele genetiese veranderinge wat hul risiko vir bloedkanker kan verlaag, het 'n Britse studie bevind.

Boonop word 'n hele reeks gesondheidsvoordele met gereelde bloedskenking verbind. Só kan dit dalk jou

algehele hartvatgesondheid 'n hupstoot te gee, met byvoorbeeld laer bloeddruk en 'n laer risiko vir hartaanvalle.

Dier-baar

Kattekruid selfs vir jóú

Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Dis altyd pret om 'n kat "onder die invloed" van kattekruid dop te hou. Dit laat Karel Kat sy waardigheid vergeet en skoon verspot kattemaai. Alles te danke aan die organiese verbinding nepetalaktoon in die blare en stingels.

Dit heet amptelik Nepeta cataria en is deel van die kruisementfamilie.

Dit gaan ons nie hoog maak nie, maar kan glo as 'n aanvullende behandeling gebruik word vir migraine, slapeloosheid en die verligting van artritis-swelling. Dis glo ook 'n doeltreffende muskietafweermiddel.

Maar pasop, te veel kan jou skoon siek laat voel en selfs hoofpyn gee.

Bronne:theconversation.com, theanimalrescuesite.com

SPELETJIES VANDAG

CTA