Dag 2: Tien feite om te weet

Die tien feite wat jy moet weet oor Dag 2 van die ANC-konferensie.

1. Altesame 4 776 afgevaardigdes mag in die leierskapsverkiesing stem.

2. Suid-Afrika sal eers teen Maandag weet wie die nuwe ANC-leier is.

3. Daar is talle voorspellings dat adj.pres. Cyril Ramaphosa moeilik geklop sal kan word.

4. Tydens die benoemingsproses was dit egter duidelik dr. Nkosazana Dlamini-Zuma geniet groot steun onder veral die ANC-vroueliga, die -jeugliga en die MK-veterane;

5. Die tweespalt op voetsoolvlak in die ANC het weer duidelik na vore gekom.

6. Daar was net twee benoemings vir die pos van president: Ramaphosa en Dlamini-Zuma.

7. Daar was net drie benoemings vir die pos van adjunkpresident: dr. Zwele Mkhize, David Mabuza en Lindiwe Sisulu, maar Mkhize het hom ter wille van eenheid in die party onttrek.

8. Vir die pos van sekretaris-generaal is Senzo Mchunu en Ace Magashule benoem.

9. Gwede Mantashe, uittredende sekretaris-generaal, is deur sewe provinsies vir die pos as voorsitter benoem. Die ander kandidaat is Nathi Mthetwa.

10. Paul Mashatile en Maite Nkoane-Mashabane is die twee kandidate vir die pos van tesourier-generaal.

SPELETJIES VANDAG

CTA