‘Dinge sal selfde bly onder NDZ’

Dit sal tot pres. Jacob Zuma se voordeel wees as dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, sy eksvrou, die nuwe ANC-president en uiteindelik president van die Suid-Afrika word.

Dr. Piet Croucamp, 'n politieke ontleder, sê omdat Zuma en Dlamini-Zuma dieselfde beleidsidees het, sal die organisasie en die bestuur van die staatsdiens nie radikaal onder haar presidentskap verander nie.

Nkosazana Dlamini-Zuma
Nkosazana Dlamini-Zuma

Dieselfde mense wat nou in sleutel-ampte is, sal behou word. Dit sluit in mense wat top-ampte in die wetstoepassingsagentskappe beklee.

Prof. Pieter Labuschagne, politieke ontleder aan Unisa, meen ook nie veel sal verander onder die leierskap van Dlamini-Zuma nie en Zuma sal sy termyn as president voltooi, wat met die volgende verkiesing in 2019 ten einde loop.

Die status quo sal vir 'n ruk dieselfde wees en die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sal daaroor besluit.

Theo Venter, ook 'n politieke ontleder, sê hy stem saam die status quo sal onder Dlamimi-Zuma gehandhaaf word "maar dit sal net tydelik die geval wees omdat die druk op haar sal begin toeneem".

Baie sal afhang van hoe die NUK saamgestel sal word.

Die NUK is die hoogste besluitnemingsliggaam in die ANC en het die mag om 'n president te herroep.

SPELETJIES VANDAG

CTA