1. Die nuwe nasionale uitvoerende komitee word aangewys. Benoemings het reeds Maandagaand begin, onmiddellik nadat die ANC se nuwe president en die res van die topses aangekondig is.
2. Die onderskeie kommissies bespreek beleidskwessies. Dit sluit in die party se strategie en beplanning, hoe die organisasie moet vernuwe en enige wysigings aan die party se grondwet.
3. Voor middagete word hul verslae voorgelê.
4. In geslote sessies word die verslae dan bespreek, en die konsepverslag saamgestel.
5. Verskeie ad hoc-mediakonferensies word verwag, asook nog reaksie op die verkiesing van Cyril Ramaphosa as die nuwe ANC-president. Dit is nog nie bekend of hy informeel met die media sal praat nie.














