Het 1ste burger van Ekurhuleni al bedank?

"As Nkosazana (Dlamini-Zuma) verloor, sal wit mense Suid-Afrika lei. Ek sal nie deel daarvan wees nie."

Só het Mzwandile Masina, die burgemeester van Ekurhuleni, in Oktober in 'n onderhoud met News24 gesê.

Masina het gesê hy sal nie onder adj.pres. Cyril Ramaphosa, die nuwe ANC-president, dien nie. Hy het Dlamini-Zuma openlik ondersteun.

Mzwandile Masina, Ekurhuleni se burgemeester, het nie sy steun vir Nkosazana Dlamini-Zuma as ANC-president 'n geheim gehou nie.Foto: Instagram
Mzwandile Masina, Ekurhuleni se burgemeester, het nie sy steun vir Nkosazana Dlamini-Zuma as ANC-president 'n geheim gehou nie.Foto: Instagram

Twitter-gebruikers wou Dinsdag weet hoe laat Masina beplan om sy bedankingsbrief in te dien.

"Ek sal gaan. Ek kan nooit onder Cyril dien nie. Ek respekteer hom as my ouer broer, as 'n leier. (Maar) ek glo net nie in hierdie groep waaraan hy behoort nie. Dus, hy kan lei. Ek sal uit wees," het hy gesê.

Hy het ook gesê hy sal as die burgemeester en die voorsitter van sy streek aftree as die meerderheid takke in sy streek vir Ramaphosa in plaas van Dlamini-Zuma benoem.

Twitter-gebruikers kon nie langer wag om hom te herinner aan wat hy gesê het nie.

Mzwandile Masina het destyds gesê hy sal as burgemeester bedank as Cyril Ramaphosa tot die ANC-president verkies word.
Mzwandile Masina het destyds gesê hy sal as burgemeester bedank as Cyril Ramaphosa tot die ANC-president verkies word.

"Ek dink ons moet ingryp en sy kantoor bel om hom daaraan te herinner," twiet Khoase M Mphuthi.

Sharon Thembeka skryf: "Mzwandile Masina ons wag vir daardie bedankingsbrief wat jy belowe het."

Van die gebruikers wou weet waar hy is en of hy oukei is, omdat hy nog niks oor Dlamini-Zuma of Ramaphosa getwiet het nie.

"Het Mzwandile Masina sy bedankingsbrief geteken? Is sy pos nou beskikbaar sodat mense kan begin aansoek doen?" twiet @AtarfmZimbabwe.

Masina het nie op navrae gereageer nie.

Reneilwe Dhludhlu

SPELETJIES VANDAG

CTA